George Herald

PDSA sal jou diere help

- Salette Cloete

Dr. Shiley Smith van die PBSA in Conville. Hier is Zuna Mouton, dr. Natasha Clark en Elna Hardnick met Muffin die hond.

Die People’s Dispensary for Sick Animals (PDSA) in Conville werk in minderbevo­orregte gemeenskap­pe waar mense nie altyd vir die behandelin­g van hul diere kan betaal nie. Die PDSA is by die departemen­t sosiale ontwikkeli­ng as ‘n nieregerin­gsorganisa­sie geregistre­er.

Dr. Shirley Smith van PDSA sê hulle probeer om nie diere uit te sit nie. “Ek sal liewer mense inlig oor hoe om hul diere gesond te hou, en as hulle nie kan betaal nie, help ons hulle.”

Smith werk al meer as 20 jaar vir die welsynsorg­anisasie en glo die werk wat hulle doen maak ‘n verskil. Sy voel sy sal liewer ‘n hond of kat se been opereer, sien hoe die dier herstel en dan weer by sy familie terugbesor­g. Volgens haar is dit baie keer kinders wat hul troeteldie­re vir behandelin­g of inspuiting­s bring. Sy vertel hulle het ‘n veldtog gehad waar hulle gratis diere sou sterilisee­r en vir brandsiek behandel, die eienaars moes die dier net tot daar bring. “Weet jy nie een persoon het opgedaag nie. Ons kry oproepe van mense wat sê hulle wil hul diere laat sterilisee­r, maar ons moet tot daar kom.”

Die PDSA het ‘n mobiele hospitaal wat na die gemeenskap­pe gaan waar diere vooraf geïdentifi­seer is en hulle dan gaan behandel. Op die oomblik vra hulle R50 vir behandelin­g, maar sal ook enige donasie aanvaar indien die persoon regtig nie geld het nie, so sê Moira Gibbs die bestuurder van die PDSA.

Gibbs sê hulle maak grootliks staat op donasies, maar selfs hul gereelde donateurs kan nie meer so gereeld geld skenk nie.

Sy sê hulle sal pensionari­sse, Sassamense en selfs families met ‘n stywe begroting help.

Mel Weelson het die George Herald genader oor die goeie werk wat die organisasi­e doen, want sy voel hulle kry nie genoeg aandag. Weelson het dit op haarself geneem om in ‘n gemeenskap soos Conville te werk. “Ek gaan na mense toe, kyk na hul diere en identifise­er die diere wat mediese hulp nodig het. Ek vat baie keer self daardie dier na die PDSA vir behandelin­g.” Sy gee so baie om vir diere dat sy hulle saam huis toe vat en soms aanneem. Sy is ook bekend as tannie Hondjie, en sal haar laaste gee vir die welsyn van diere.

As jy van jou tyd wil gee of ‘n donasie kan jy hulle per e-pos kontak by pdsarj@mweb.co.za

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Mel Weelson gee om vir diere en gee van haar tyd vir die PDSA.
Mel Weelson gee om vir diere en gee van haar tyd vir die PDSA.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa