George Herald

Wat van ander selfoontor­ing?

-

Johan Steenkamp, George: Graag wil ek reageer oor uitlatings van mnr. Van

Greunen en sy buurman in die artikel (Inwoner sal hof moet nader oor selfoontor­ing, George Herald, 21 Maart).

Eerstens moet hy agter sy huis kyk. Daar is 'n selfoontor­ing by die NG Kerk Denneoord reg agter sy huis wat laag is en direk golwe op sy huis afstuur. Die nuwe toring is hoog en golwe gaan oor hulle huise.

Tweedens beweer hy daar woon geen APK-lidmate direk naby die kerk nie. Foutief. Ek weet van drie gesinne wat lidmate is en teen die kerk woon.

Derdens dra hy 'n selfoon wat baie meer direkte bestraling­s op sy liggaam uitstraal. Hy moet hom die guns doen en 'n meter aanskaf, dan sal hy sien dat sy motorradio, televisie, yskas, radio, huisbedrad­ing, kragbord, warmwatert­oestel, ens. baie skadelike golwe uitstraal.

Ek dink hy moet hom bepaal by sy beroep. Ook moet hy en sy buurman, wat die nota op die hek gesit het, die munisipali­teit en Atlas Tower aanvat en die kerk uitlos. Hy moet kyk hoe lyk sy straat om hom waar 'n waterpyp 11 keer oor een naweek gebars het.

Renier van Greunen reageer: Die skrywer weet nie dat ek vir amper 10 jaar in Telkom gewerk het as tegnikus in die transmissi­eafdeling nie. Mikrogolft­ransmissie, optieseves­elglas-transmissi­e en vele meer was my werk. Gelukkig bestraal ons radio's, TV's en yskaste ons nie! Praat van iemand wat iets sê waarvan hy niks weet nie. Verder, ek sit nie 24 uur per dag met 'n selfoon teen my oor nie. Ek gaan, wanneer ek by die huis is, permanent bestraal word deur die toring. Die toring reg agter ons by die NG Kerk - wel dit lyk of hy ook dan nie kan afstand skat nie, want dit is omtrent 'n 100 m van my huis af terwyl die nuwe een 20 m van my huis af is.

Verder het ek verwys na kerkraadsl­ede en nie algemene lidmate nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa