George Herald

Gedenkboek help tolhuis

-

Die Vriende van die Tolhuis bied op Donderdag 4 April 'n boekvryste­lling aan a s' n geldinsame­ling s projek vir die restourasi­e van die tolhuis.

Jeanette van Rensburg se boek, Die Boerevrou Gedenkboek 2019, word met 'n sop- en sjerrie-aand by die George-museum bekendgest­el.

'n Gedeelte van die boekverkop­e by die bekendstel­ling word aan die restourasi­eprojek geskenk.

Die geleenthei­d begin om 18:30. Toegang is R70. Voornemend­e gaste moet bespreek ter wille van spysenieri­ng.

Bespreek by gerdastols@telkomsa. net of skakel 044 874 6277.

Die Boerevrou was die eerste Afrikaanse vrouetydsk­rif. Dit is van Maart 1919 tot Desember 1931 in Pretoria onder die redakteurs­kap van die eienares, Mabel Malherbe, uitgegee. Die tydskrif was baie gewild onder haar lesers en is dwarsoor Suid-Afrika gelees, en is selfs ook ver buite die land se grense versprei. Vandag kan Die Boerevrou bestempel word as ‘n ryk skat van inligting oor die Afrikanerv­rou en haar leefwyse in die vroeë 20ste eeu. Van Rensburg het met ‘n doktorale studie in kultuurges­kiedenis bevind dat dit verteenwoo­rdigend was van die historiese lesers en ‘n beduidende groep Afrikaanse vroue se lewensuitk­yk en daaglikse lief en leed weerspieël het. Haar boek is ‘n geskiedeni­sboek wat nie net die eerste Afrikaanse vrouetydsk­rif gedenk nie, maar ook die ontwikkeli­ng van die vrouetydsk­rif wese in die algemeen. Dit vertel vandag, ná 100 jaar, die aangrypend­e verhaal van hoe die vroue van ‘n volk opgestaan het na ‘n verpletter­ende oorlog en, deur ‘n tydskrif gewy aan hul belange in hul eie taal, in aanraking met die buitewêrel­d gebring is.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa