George Herald

Wat die hart van vol is ...

-

Die tema van die Outeniqua Dames Aktueel se laaste vergaderin­g was ‘Wat die hart van vol is loop die mond van oor.’

Natania van Heerden, aktrise wat bekend is vir haar rolle in Villa Rosa, Spoorloos en Sara se Geheim, het die lede weer daarop gewys hoe mense maskers dra, soos wat sy vir 22 jaar lank gedoen het, wat mense beperk in die uitleef van hul diepste waardes. Dit veroorsaak frustrasie wat mense na selfhelpbo­eke en Dr. Phil laat gryp. Sy het haar gehoor ‘n interessan­te vraelys laat invul en ontleed om dit toe te lig. Sy het afgesluit deur 'n sielvolle voorlesing van enkele gedigte.

Anton Treurnicht, wat nou op George woon, sê hy is ‘n akteur wat nie sy woorde kan onthou nie, ‘n skrywer wat nie kan spel nie en ‘n radio-omroeper wat nie sy sinne kan voltooi nie. Hy het ten spyte daarvan in films gespeel, 10 vervolgver­hale vir

RSG geskryf, in meer as 40 internasio­nale advertensi­es verskyn asook in TV-reekse soos Vloeksteen en Boland Moorde, en is medeskrywe­r van Die Byl. Hy was omroeper by verskeie radiostasi­es.

Beide akteurs het die vroue aangemoedi­g om deur die glasplafon bokant hul kop te breek en hul ware self met liefde en passie uit te leef.

Ilze Tulleken van Duende Drama het ook ‘n gevoelvoll­e dramastuk gelewer.

Vir meer inligting oor Dames Aktueel, kontak Magdaleen Smook by 044 873 6568 / 074 977 1986 of Louie Meyer by 044 874 6523 / 084 525 2130.

 ??  ?? Twee van die sprekers, Anton Treurnicht en Natania van Heerden (naasregs) saam met lede van Dames Aktueel, René Uys en Magdaleen Smook (regs).
Twee van die sprekers, Anton Treurnicht en Natania van Heerden (naasregs) saam met lede van Dames Aktueel, René Uys en Magdaleen Smook (regs).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa