George Herald

George maak goeie terugkeer na Premierlig­a

-

Die George-rugbyklub het met sy terugkeer na die SWD Premierlig­a verlede Saterdag op Outeniquap­ark sy stempel behoorlik afgedruk toe hy vir Silver Stars met 69-18 verslaan het. George se agterlyn was van meet af aan giftig en het gereeld agter Silver Stars se doellyn gekuier. Die tuisspan het altesame 10 drieë gedruk terwyl Silver Stars die doellyn slegs twee keer kon oorsteek.

George se pak voorspeler­s het skitterend saamgespee­l en Silver

Stars voos geskrum, maar relatief min strafskopp­e daar afgedwing.

Vir George het Nathan Scott (heelagter), Elton Olivier (vleuel), Henry Wolhuter (vleuel), Christiaan Willemse (losskakel), Hendrik

Kriek (voorry) en Jerome Claassen (plaasverva­nger-flank) elk een drie gedruk terwyl JJ du Toit (flank) en Jeandré Gericke (haker) elk twee drieë gekry het. Wolhuter het ook geslaag met ses doelskoppe terwyl Willemse met drie doelskoppe in die kol was. Die Groceries Express speler van die wedstryd vir George se eerstes was Christiaan Willemse (agterspele­r) en Jeandré Gericke (voorspeler).

In die wedstryd tussen die twee klubs se tweede spanne het dinge meer gelykop verloop en het George vir Silver Stars met 15-12 geklop.

Vir George het Wian Small (senter) en Jermoius Claassen (flank) drieë gedruk terwyl Johan Willemse (losskakel) met 'n doelskop en een strafskop suksesvol was.

Die Groceries Express speler van die wedstryd vir George se tweedes was Ansley Galant (agterspele­r) en Braden Andrews (voorspeler).

George se derde span het Silver Stars met 22-17 geklop.

Vir George het Johan van Wyk (senter), Quinton Muller (losskakel en JC Barnardo (agsteman) gaan druk. Quinton Muller was ook suksesvol met twee doelskoppe en 'n strafskop vir 'n bydrae van 12 punte.

Die Groceries Express speler van die wedstryd vir George se derde span was Christo Willemse (agterspele­r) en JC Barnardo (voorspeler).

 ??  ?? Foto: Hugo Redelinghu­ys
Foto: Hugo Redelinghu­ys

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa