George Herald

Jong rolballers van Eden wys hul slag by SA’s in Bloem

- Jannie Meyer

Talentvoll­e jong rolbalspel­ers van Eden is vasberade om hul slag hierdie week in die nasionale kampioensk­appe in Bloemfonte­in te toon.

Die o.20- en twee o.15-spanne is gekies om vanaf Sondag tot Saterdag aan die toernooi deel te neem waar die land se beste jong- en ontwikkeli­ngsspelers in aksie gaan wees. Eden se jong rollers het in die verlede nog altyd puik tydens hierdie toernooi gevaar en vanjaar behoort nie 'n uitsonderi­ng te wees nie.

Van die spelers neem gereeld aan toernooie saam met senior spelers deel en het reeds goeie ervaring opgedoen.

Ten einde die jong rolbalspel­ers te help met die kostes om aan die nasionale kampioensk­appe deel te neem is lootjies verkoop vir 'n R1 000 Pick n Paykoopbew­ys as prys.

Die trekking is tydens die Edenprysui­tdeling gedoen en die wenner is Barrie Bowling van Plettenber­gbaai.

Spanne is soos volg:

o.20: A: Gillian Young (skip), Joshua Dumzela, Lee-Holin Juries, Kim Jumat. Spanbestuu­rder: Hilton Prins.

B: Hanno Janse van Vuuren (skip), Chandrè Paulse, Marlon Saaiman, Lee-Roy Carolus. Spanbestuu­rder: Lyla Young. C: Kyle Squires (skip), Ethen Andrews,

Jaco Mynhardt, Ehsanul-Lee Booysen. Spanbestuu­rder: Bronlynn Jumat. o. 15: A: Wenovan Fortuin (skip), Matthew Varrie, Tamryn Demas, Kyale Heynes. Spanbestuu­rder: Willie Lane.

B: Shameel Amardien (skip), Lucian Opperman, Damian Jantjies, Lisemi Memani. Spanbestuu­rder: Huibie Mynhardt.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa