George Herald

Uitdagende Rheebok Stene toets viertrekke­rs

-

Die Rebel-viertrekkl­ub se tweede byeenkoms by Rheebok Stene het weereens sy uitdagende reputasie gestand gedoen en die deelnemers, voertuie en veral die toeskouers se senuwees behoorlik getoets.

Standaard voertuie met 'n paar modifikasi­es het ook deelgeneem tot groot vermaak van die toeskouers.

Maar dit was die groot menere met die baie perdekrag wat beslis die gewildste was en die mense met hul kragtige enjins vermaak het.

Die volledige uitslae is:

FF Klas: 1. Christie de Kock en Gys van Vuuren (360). 2. Marilise Spangenber­g en Ruan Barnard (310). 3. Pierre Joubert en Leon Fourie (80). 4. Lindi en Fanie Grobler (70). 5. André du Plessis en Stefan Oosthuizen. Top Truck: 1. Karel en Helen Spangenber­g (790). 2. Elmarie Spangenber­g en Sheldon Coetzee (780).

3. Klaus Lutzeler (80).

Pypkar: 1. Alf du Plessis en Jan Brink (340). 2. Johan Maritz en Jaco Oberholtze­r (40).

C LWB: 1. André en Leandré Kirchner (340).

C SWB: 1. Anneliza Vogel en Lientjie van der Merwe (380).

2. Anthea Fourie en Santa van der Merwe (330).

CM: 1. Arjan Wierenga en Sunel Eybers (460). 2. Morné en Shereen de Kock (400). 3. Hanco Serfontein en Zander Fourie (370). 4. Johan Vogel en Annetjie Fourie (370). 5. Cornel Möller en Dirk van der Berg (340). 6. Attie de Klerk en Attie Erasmus (270).

Christie de Kock en Gys van Vuuren spog met die rol van die dag en Marilise Spangenber­g en Ruan Barnard met die breek van die dag.

Anthea Fourie en Sunel Eybers het die aksiefoto's vir die George Herald geneem.

 ??  ?? Arjan Wierenga en Sunel Eybers het die CK-klas ingepalm. Lindi en Fanie Grobler leef na aan die afgrond.
Arjan Wierenga en Sunel Eybers het die CK-klas ingepalm. Lindi en Fanie Grobler leef na aan die afgrond.
 ??  ?? Anthea Fourie en Santa van der Merwe bokspring oor ‘n bultjie op pad na hul tweede plek in die C SWB-klas.
Anthea Fourie en Santa van der Merwe bokspring oor ‘n bultjie op pad na hul tweede plek in die C SWB-klas.
 ??  ?? Alf du Plessis en Jan Brink het in die afdeling vir pypkarre geseëvier. INLAS: André en Leandré Kirchner was bobaas in die C LWB-klas.
Alf du Plessis en Jan Brink het in die afdeling vir pypkarre geseëvier. INLAS: André en Leandré Kirchner was bobaas in die C LWB-klas.
 ??  ?? Anneliza Vogel en Lientjie van der Merwe het almal in die C SWB-klas uitgestof.
Anneliza Vogel en Lientjie van der Merwe het almal in die C SWB-klas uitgestof.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa