George Herald

Evergreens bult sy spiere teen Jaguars

- Hugo Redelinghu­ys

Dit het 'n rukkie geneem vir die Evergreens­enjin om op al sy silinders te vuur, maar toe daai V8 in die tweede helfte mooi inskop was dit eenrigting­verkeer.

Pacaltsdor­p se trots het sy eerste Premierlig­a-kragmeting van die seisoen teen Jaguars van Plettenber­gbaai met 5024 gewen nadat hy rustyd met 24-14 voor was. Die kragmeting het op die B-veld plaasgevin­d en die George-munisipali­teit, die organiseer­ders en klubbestuu­r het voorwaar 'n haas uit die hoed getrek om die speelopper­vlak eksieperfe­ksie te kry. Die veld was ook puik omhein en die groot gros toeskouers verdien 'n pluimpie vir hul goeie gedrag.

Vir Evergreens het Luciano Jones (3), Linden Rhode, Heinrich McKenzie, Dillon Kerspuy, Sergio Stalmeeste­r en Theo Diyante drieë gedruk. Winrey Stoffels (losskakel) het met vyf doelskoppe geslaag. Evergreens se tweedes het Jaguars met 69-0 afgeslag. Rustyd was hulle met 28-0 voor. Vir Evergreens het Zack Jones, Darren Sauer, Renaldo Willemse, Darren Wood, Curtly Damons, Reberto van Rooyen, C-Than Moos, Rudi Micheals en Jamie Plank elk een drie gedruk. Nathan Botha (5) en C-Than Moos (3) was suksesvol met die doelskoppe.

Evergreens se derdes het Jaguars met 31-12 geklop nadat hulle rustyd met 14-0 voor was. Drieë vir die wenspan is deur Duarte Carolus (2), Keenan Meiring en Dillon Petersen gedruk. Renaldo November (1) en Chatly Stride (2) het met doelskoppe geslaag. Evergreens se vierde span het Prostars met 12-geklop. Vir Evergreens het Alrich Jansen en Waydon Plaatjies gaan druk terwyl Curtly Marks een doelskop oorgeklits het.

 ?? Foto’s: Hugo Redelinghu­ys ?? Die Evergreens-senter Rodwill Williams sny deur ‘n gaping met die bal met sy spanmaat Heinrich MacKenzie (kopskerm) wat sake dophou. Llewelleyn Treurnicht (flank) laat ‘n verdediger van Jaguars gras proe in Saterdag se Premierlig­a-rugbywedst­ryd in Pacaltsdor­p.
Foto’s: Hugo Redelinghu­ys Die Evergreens-senter Rodwill Williams sny deur ‘n gaping met die bal met sy spanmaat Heinrich MacKenzie (kopskerm) wat sake dophou. Llewelleyn Treurnicht (flank) laat ‘n verdediger van Jaguars gras proe in Saterdag se Premierlig­a-rugbywedst­ryd in Pacaltsdor­p.
 ??  ?? LINKS: Linden “Doggey” Rhoode (senter) val oor vir sy drie teen die Jaguars van Plettenber­gbaai. Links agter is Rico Afrika (vleuel) en Sergio “Turkey” Stalmeeste­r (heelagter) van Evergreens. Vernie Baardman, plaasverva­nger-flank van Evergreens, val sterk aan met die bal met sy spanmaat Buran Parks (agtsteman) kort op sy hakke. BO: Dillon Kerspuy, plaasverva­nger-skrumskake­l van Evergreens, glip oor die doellyn vir ‘n drie. Die Evergreens-losskakel, Winrey Stoffels, was suksesvol met vyf doelskoppe.
LINKS: Linden “Doggey” Rhoode (senter) val oor vir sy drie teen die Jaguars van Plettenber­gbaai. Links agter is Rico Afrika (vleuel) en Sergio “Turkey” Stalmeeste­r (heelagter) van Evergreens. Vernie Baardman, plaasverva­nger-flank van Evergreens, val sterk aan met die bal met sy spanmaat Buran Parks (agtsteman) kort op sy hakke. BO: Dillon Kerspuy, plaasverva­nger-skrumskake­l van Evergreens, glip oor die doellyn vir ‘n drie. Die Evergreens-losskakel, Winrey Stoffels, was suksesvol met vyf doelskoppe.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa