George Herald

Eden-skuts skitter

-

Eden-skuts het verlede Saterdag by die Louvain-gasteplaas tydens die Kloppers Eden-jaggeweers­kiet ope se interdistr­ikte byeenkoms besonder akkuraat gekorrel en die kompetisie oorheers.

Beide die mans en vroue het in die ope afdeling geseëvier met die Eden-juniors tweede.

Wat individuel­e prestasies betref, het Jacques du Plooy uitgestaan met sy eerste plek. Niaan Fourie was tweede, Junita van Zyl was die vierde beste vroueskut en Christo Delport het 'n verdienste­like sesde plek behaal.

Altesame 136 skuts uit Eden, Kaapstad en Kaapse Wynland het aan die interdistr­ikte byeenkoms deelgeneem. Die warm, winderige toestande het die skuts se karakter en deursettin­gsvermoë behoorlik getoets.

Ná afloop van die kompetisie is pryse toegeken aan die vroue, juniors, penkoppe, seniors, veterane en nie-lede klasse. Skuts wat onder die toptien geëindig het, het groot pryse gewen. Daar was ook verskeie gelukstrek­kings.

Die uitslae van die interdistr­ikte kompetisie is: Mans: 1. Eden 2. Cape Winelands 3. Kaapstad.

Vroue: 1. Eden 2. Kaapstad 3.

Juniors: 1. Kaapstad 2. Eden. Eden-jaggeweers­kiet se skuts se beste prestasies was:

Jacques du Plooy (1ste), Niaan Fourie (2de), Junita van Zyl (4de), Christo Delport (6de), Manus Moolman (12de junior), De Waal Nigrini (14de), Renier van Greunen (17de) en Hans-Willem Moolman (19de junior).

 ??  ?? Eden-mans het ‘n eerste plek in die ope afdeling losgeskiet. Van links: Manus Moolman, Jacques du Plooy (wenner), Christo Delport, Niaan Fourie en Leras van Zyl.
Eden-mans het ‘n eerste plek in die ope afdeling losgeskiet. Van links: Manus Moolman, Jacques du Plooy (wenner), Christo Delport, Niaan Fourie en Leras van Zyl.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa