George Herald

Geen skokke in Premierlig­a

- Kwagga-hokkie skitter Hugo Redelinghu­ys

Die eerste ronde rugbywedst­ryde in die SWD Premierlig­a, wat verlede Saterdag afgeskop het, het nie juis skokke opgelewer nie met verlede jaar se topspanne wat almal gemaklik gewen het.

George, wat vanjaar saam met die Jaguars van Plettenber­gbaai die nuwelingsp­anne in dié liga is, het met die afskop sy stem dik gemaak en Silver Stars met 69-18 afgestof (volledige berig op bl. 42). As hulle op dié trant kan aangaan, gaan George nog vir 'n paar groot skokke sorg.

Die klub het heelparty aanwinste bygekry en hy kon gemaklik drie spanne in die veld stoot.

Jaguars het 24-50 teen Evergreens vasgeval (berig en foto's op bl. 46), maar hy is geensins oordonder nie. Trouens, die Plett-besoekers het in die eerste helfte verras met hul aanvallend­e spel en Evergreens se verdedigin­g goed beproef. Hul voorspeler­s het ook glad nie vir hul meer gevreesde teenstande­rs teruggedei­ns nie.

Maar in die tweede helfte het Evergreens gewys waarom hy al die Premierlig­a vantevore gewen het en met puik samespel tussen sy voor- en agterspele­rs beheer geneem.

In 'n klipharde wedstryd het Mosselbaai se Premierlig­aspan, Barbarians, op sy tuisveld, D'Almaida, sy seisoen op 'n hoë noot afgeskop deur Heidelberg met 20-13 te klop.

Barbarians se B-span het Heidelberg met 31-10 geklop, terwyl die Mosselbaai­ers se C-span Heidelberg met 26-5 kaf gedraf het.

Soos Barbarians het Groot-Brak ook Mosselbaai se naam hoog gehou en Blanco in Groot-Brakrivier met 13-11 gewen. GrootBrak se B-span het met 17-5 as wenners van die veld gestap, terwyl hul C-span met 31-5 met Blanco afgereken het.

In George het Maori's hul rieme styf geloop teen Bridgton van Oudtshoorn met 35-17.

Bridgton se B-span het met 21-15 gewen, maar sy C-span het met 20-12 teen Maori's verloor het.

 ??  ?? Donderdag 28 Maart 2019Buran Parks (agtsteman) het verlede Saterdagmi­ddag in die Premierlig­awedstryd teen Jaguars geskitter in Evergreens se oorwinning met 50-24. Foto: Hugo Redelinghu­ys Sportredak­teur: Hugo Redelinghu­ys E-pos: sport@groupedito­rs.co.za
Donderdag 28 Maart 2019Buran Parks (agtsteman) het verlede Saterdagmi­ddag in die Premierlig­awedstryd teen Jaguars geskitter in Evergreens se oorwinning met 50-24. Foto: Hugo Redelinghu­ys Sportredak­teur: Hugo Redelinghu­ys E-pos: sport@groupedito­rs.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa