George Herald

Dwaalkoeël tref verkeersbe­ampte

- Kristy Kolberg

Op Donderdag 14 Maart is ‘n verkeersbe­ampte deur ‘n dwaalkoeël in ‘n kantoor by die verkeersaf­deling in Pacaltsdor­p getref.

Volgens inligting is ‘n wapen deur ‘n vroulike verkeersbe­ampte uitgeteken en was sy na bewering besig om dit na te gaan toe ‘n skoot afgaan. Die koeël is deur ‘n muur (drywall) en teen ‘n tafel in die vertrek langsaan voordat dit die manlike verkeersbe­ampte skrams teen die been getref het. Hy het slegs ‘n vleeswond opgedoen. In ‘n afsonderli­ke voorval op dieselfde dag tydens ‘n protesaksi­e in New Dawn Park in Pacaltsdor­p, is daar na bewering lewendige ammunisie deur ‘n manlike verkeersbe­ampte as waarskuwin­gskote afgevuur toe inwoners hulle met klippe bestook het.

Volgens die Suid-Kaapse polisiewoo­rdvoerder, kapt. Malcolm Pojie, dui die voorlopige ondersoek daarop dat die beampte se veiligheid bedreig was waarna hy ‘n waarskuwin­gskoot afgevuur het.

“Die omstandigh­ede rondom die voorval word ondersoek. “Niemand is nog in hegtenis geneem nie,” sê Pojie. In antwoord op ‘n navraag rakende albei voorvalle en die prosedures wat daarop gevolg het, het Steven Erasmus, direkteur van gemeenskap­sveilighei­d, gesê die beweerde voorvalle is onmiddelli­k intern en by die polisie aangemeld. “Die korrekte prosedure is vanaf die begin gevolg en die nodige ondersoek word tans gedoen. Die ondersoek kan ongelukkig nie vooruit geloop word nie en ‘n mediaverkl­aring sal uitgereik word sodra dit afgehandel is,” het hy gesê.

 ??  ?? Koeëldoppi­es wat na die skietery in Proteastra­at, New Dawn Park, opgetel is.
Koeëldoppi­es wat na die skietery in Proteastra­at, New Dawn Park, opgetel is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa