George Herald

Ooggetuies van ongeluk gesoek

-

Die provinsial­e verkeersho­of, Kenny Africa, en die polisie doen 'n beroep op die publiek om met inligting na vore te kom oor 'n ongeluk Sondagmidd­ag op die N2 naby Sedgefield.

'n Jong man, River Leask

(25) van Port Elizabeth, wat in die ongeluk betrokke was, het Maandag in die Mediclinic George gesterf.

Hy en sy vrou (24), was albei passasiers in 'n silwer VW Polo. Hulle was saam met 'n familielid en 'n vriend op pad terug na Port Elizabeth na 'n naweek in Wilderness toe die bestuurder van 'n wit Golf GTi beheer daaroor verloor en teen drie ander motors naby Groenvlei gebots het.

Insittende­s van die ander twee

voertuie wat betrokke was, is ook beseer.

Volgens kapt. Malcolm Pojie, die Suid-Kaapse polisiewoo­rdvoerder, word daar beweer dat die Golf GTi teen 'n hoëspoed gery het toe dit met die motors gebots het. "Die bestuurder van die GTi het na bewering na die ongeluk uit sy voertuig geklim en weg van die toneel af gestap en in 'n vragmotor, wat na George op pad was, geklim. 'n Ooggetuie het die vragmotor agtervolg en die polisie in kennis gestel waarna die Wilderness­polisie die bestuurder aangekeer het.

Die man is ingebring vir ondervragi­ng en bloedmonst­ers is geneem. Niemand is nog in hegtenis geneem nie," het Pojie gesê.

Die klag van roekeloos en nalatige bestuur is intussen ook verander na 'n klag van strafbare manslag en meer klagtes onder die padverkeer­swet kan later bygevoeg word. Pojie kon nie beweringe dat die GTi aan 'n onwettige padresies deelgeneem het, bevestig nie, maar het bygevoeg dat die moontlikhe­id ondersoek word.

Hy het ook 'n beroep gedoen op die publiek of ooggetuies van die ongeluk om na vore te kom. Mense met inligting kan sers. Thobela Diyani by die Knysnaspeu­rtak skakel by 078 591 5751 of

044 302 6652.

'n Familievri­end van Leask het aan die George Herald gesê 'n roudiens sal die komende naweek vir hom gehou word. "Dit is 'n baie emosionele tyd en almal wat betrokke was, is getraumati­seer. Ons het almal gehoop River sal dit maak."

 ??  ?? Sien ‘n video by www.georgehera­ld.com
Die ongeluksto­neel Sondagmidd­ag op die N2 naby Sedgefield.
Sien ‘n video by www.georgehera­ld.com Die ongeluksto­neel Sondagmidd­ag op die N2 naby Sedgefield.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa