George Herald

Setel glo nie net vir PBI nie

- Eugene Gunning

"As die betrokkene­s so sterk voel, hoekom volg hulle nie die normale kanale soos om byvoorbeel­d die Onafhankli­ke Verkiesing­skommissie (OVK) te nader nie." So het Virgill Gericke, leier van die PBI, gereageer op die nuutste relletjie wat in die kuberruim woed waarby hy weer ingesleep is.

Gericke word daarvan beskuldig dat hy nie sy kant van 'n ooreenkoms nagekom het nie. Dit dateer reeds terug tot kort na die munisipale verkiesing in 2016. Na bewering het die kleiner politieke partye in die George-stadsraad toe ooreengeko­m dat hulle een van die ses raadslede na die destydse Edendistri­ksmunisipa­liteit kon stuur. Die DA het drie gestuur en die ANC twee. Na bewering sou die setel dan op 'n jaar tot jaar basis tussen die kleiner partye roteer.

Dit is onlangs weer op 'n plaaslike Facebook-blad, Lokasie Staan Saam (LSS), geopper. Brendon Adams, eienaar van LSS, het by navraag bevestig dat dit ter sprake gekom het op die blad. Volgens hom het hy dit toegelaat omdat dit in openbare belang is.

Abel Kiwit, voormalige AIC-raadslid, wat destyds betrokke was by die aangeleent­heid, het aan die George Herald gesê hy het destyds voorgestel dat die kleiner partye hul stemme saamvoeg. Die setel sou dan roteer. Gericke het eerste die setel opgeneem en aanvanklik het dit goed gegaan.

Die rotasie het egter nooit plaasgevin­d nie. "Die grondbegin­sels hoe die setel bestuur moet word, is nooit nagekom nie. Dit is nie die PBI se setel nie."

Hy het kontak gehad met die OVK en hy is meegedeel dat hulle dit self moet oplos.

Volgens Kiwit het sy party hom opdrag gegee om die aangeleent­heid uit te sorteer. Hy is van voorneme om 'n vergaderin­g met die kleiner partye te hou oor die aangeleent­heid.

Wilbur Harris van Icosa het gesê die kleiner partye het destyds saamgestem sodat die mag van die groter partye gekeer kon word. Die kleiner partye het die AIC se voorstel gesteun met die veronderst­elling dat die setel roteer.

Johan du Toit van die ACDP het ook bevestig dat die kleiner partye destyds ooreengeko­m het dat daar 'n rotasieste­lsel sou wees. Die ACDP het egter onttrek omdat die party gevoel het 'n sinvolle bydrae sou nie in 'n jaar gelewer kon word nie.

Gericke het gesê daar was geen vergaderin­g waar so 'n besluit geneem is nie. "As die betrokkene­s so sterk voel, hoekom neem hulle nie stappe nie?" wou hy weet. Hy het die bewerings as onsin beskryf.

Hy beskou dit as 'n aanslag wat op hom persoonlik gerig is kort voor die verkiesing.

 ??  ?? Virgill Gericke
Virgill Gericke

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa