George Herald

Busse nou verbied om by skool te parkeer

- Salette Cloete

Franken VGK Primêr se toekoms hang in die lug na die kontrak tussen die VGK op Herold en die Wes-Kaapse onderwysde­partement (WKOD) nog nie hernu is nie. En om dinge erger te maak het die skoolhoof en skoolbehee­rliggaam onlangs 'n skrywe van die eienaar van Herold Meander, Theo Adams, se prokureur ontvang. Die prokureur verteenwoo­rdig ook ds. Elias en die kerk.

Johannes Jumat, regsvertee­nwoordiger van Adams sê sy kliënt rig niks nuwe vrae nie. In die skrywe word melding gemaak van die busse wat op privaat eiendom parkeer, 'n kragkabel wat bo-oor sy perseel loop en 'n muur wat gedeelteli­k op sy erf gebou is.

Jumat sê dit is alles ou kwessies wat nog geen aandag geniet het nie. Hy sê sy kliënt het wel die skool ingelig van sy planne vir die stuk grond waar die busse geparkeer het, en het alternatie­we veilige parkering voorgestel. "Daar is geen huurooreen­koms vir die busse nie."

Jumat sê ook in 'n persverkla­ring wat vroeër vanjaar aan die George Herald gestuur is dat die kontrak tussen die WKOD en die kerk nog nie hernu is nie omdat die huur wat aangebied word, glo nie die risiko's, dienste en onderhoud regverdig nie. Moses Carolus, die skoolhoof sê in die skrywe word skoolbusse verhoed om vanaf 1 April op Herold Meander se privaat eiendom te parkeer. "Dit was eerstens ons kommer want soos voorheen in die media gesê is, is dit gevaarlik vir die kinders om oor die pad te loop."

Carolus sê hulle is uit die veld geslaan, want in 'n gemeenskap­svergaderi­ng vroeër die jaar het Adams gesê die busse kan daar parkeer. "Hy het selfs houtpale verwyder wat daar opgesit was." Hy is ook nie bewus van enige voorstelle vir alternatie­we parkering nie. Die skool se vrees is dat Adams die skoolgebou­e, wat aan die kerk behoort, wil koop om ontslae te raak van die probleme. Die hoof sê hulle wil graag die skool op Herold behou, juis omdat al die ander skole in die omtrek gesluit het.

Bronagh Hammond, 'n woordvoerd­er vir die WKOD, sê hulle is bewus van die brief aan die hoof en beheerligg­aam. Sy sê die departemen­t is steeds besig om met die kerk te onderhande­l. "Ons probeer ook alternatie­we reëlings tref waar die busse moet staan."

 ??  ??
 ??  ?? Die busse moes Dinsdagogg­end oorkant die skool parkeer, omdat die skool glo nie bewus was van alternatie­we parkering nie.
Die busse moes Dinsdagogg­end oorkant die skool parkeer, omdat die skool glo nie bewus was van alternatie­we parkering nie.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa