George Herald

Vrou gevonnis na sy jok oor verkragtin­g

- Kristy Kolberg

Die vrou van Blanco wat in November 2018 in hegtenis geneem is op aanklagte van regsveryde­ling ná sy ernstige bewerings van verkragtin­g gemaak het, het Vrydag 29 Maart in die George-hof skuldig gepleit. Die hof het die pleit aanvaar.

Retha Horn (52), wat in September

2018 beweer het dat sy deur vier mans in polisiedra­g verkrag is, is deur landdros David Lakey tot ses maande tronkstraf gevonnis wat in geheel opgeskort is vir vyf jaar, of 'n R3 000 boete. Sy is ook tot ses maande tronkstraf gevonnis wat in geheel opgeskort is vir vyf jaar. Volgens haar was sy onderweg vanaf Glentana na George toe die beweerde verkragtin­g in die Hoogekraal-omgewing plaasgevin­d het.

Horn het beweer vier mans met klapmusse, wat hulself glo as polisieman­ne voorgedoen

het, het haar die nag van 24 September aangehou, bedwelm en verkrag nadat hulle haar omstreeks 19:00 op die R102 tussen Mosselbaai en George afgetrek het.

Die saak is die volgende dag by die polisie aangemeld, maar op 26 September het Horn egter besluit om die saak terug te trek.

Polisie-ondersoek het nie gestop nie

Hoewel Horn die saak teruggetre­k het, het die polisie die ernstige bewerings teen hulle nie ligtelik opgeneem nie en is 'n ondersoek in terme van bogenoemde klagtes voortgesit. Tydens die ondersoek is genoeg bewysstukk­e bekom om 'n prima facie saak teen die beskuldigd­e te maak en sy is in November by haar huis in Blanco in hegtenis geneem.

Lakey het tydens vonnisople­gging gesê dat hoewel dit 'n eerste oortreding is, was dit 'n ernstige misdaad waaraan sy skuldig bevind is. Hy het gesê dat sy deur haar dade die polisie se beeld geskend het.

 ??  ??
 ?? Foto: Kristy Kolberg ?? Retha Horn (regs) by die George-polisiesta­sie op die dag wat sy in hegtenis geneem is.
Foto: Kristy Kolberg Retha Horn (regs) by die George-polisiesta­sie op die dag wat sy in hegtenis geneem is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa