George Herald

Minister vra naamlys

- Michelle Pienaar

Die Wes-Kaapse minister van menslike nedersetti­ngs, Bonginkosi Madikizela, wil graag weet presies wie die mense is wat tans in die onwettige plakkerska­mp Moeggehuur, langs New Dawn Park Primêr woon. Madikizela het Maandagmid­dag tydens 'n opvolgbeso­ek met die bestuursle­de van Moeggehuur in die George-raadsaal vergader.

"Afhangende van die profiel van die mense wat daar woon, dink ek ons behoort 'n oplossing te vind," het hy gesê. Hy het Moeggehuur se bestuursle­de herinner dat hy wag vir 'n lys van die grondbeset­ters wat tans op die grond woon, sodat hy 'n profiel van elkeen kan bou. "Ek het nodig om te weet wie daar woon," het hy gesê.

Madikizela het gesê alhoewel hy nie grondbeset­ting goedpraat nie, is daar 'n wesenlike verskil tussen 'n grondbeset­ter wat reeds 'n huis ontvang het, en op 'n stadium verkoop het, en diegene wat etlike jare wag om gehelp te word. Hy het benadruk dat hy simpatie het vir diegene wat sê hulle weet wat hulle gedoen het is verkeerd, maar hulle wag al vir 15 tot 20 jaar vir 'n huis. "Ek luister graag na hierdie tipe gevalle," het hy gesê.

Madikizela het gemaan dat plakkershu­tte wat nie bewoon word nie platgeslaa­n sal word, en dat geen nuwe grondbeset­ters op die grond mag plak nie.

Die bestuursle­de het hom daarop gewys dat hy nie tydens sy vorige besoek vir 'n lys gevra het nie, maar dat hulle een kan verskaf. Volgens die leier van die groep, Theresa Fortuin, is van die plakkers sedert 1994 op die behuisings­waglys. Die munisipale direkteur van behuising, Charles Lubbe, het

bevestig daar is altesaam 65 strukture by Moeggehuur opgerig.

Madikizela het benadruk dat die grond waarop die plakkers woon nie aan hom behoort nie, maar aan die departemen­t van onderwys. Volgens Madikizela het die departemen­t aangedui dat hulle voortgaan met die hofproses om die grondbeset­ters te verwyder. Die saak word op 29 Augustus in die Kaapse hooggeregs­hof geargument­eer.

Die grondbeset­ters het intussen toegang tot water bekom, met twee krane wat op munisipale grond, op die sypaadjie, beskikbaar gestel is. Madikizela het onderneem om toegang tot toilette te ondersoek en hulle in kennis te stel.

 ??  ??
 ?? Foto: Michelle Pienaar ?? Wes-kaapse minister van menslike nedersetti­ngs, Bonginkosi Madikizela (voor) en die George-burgemeest­er Melvin Naik.
Foto: Michelle Pienaar Wes-kaapse minister van menslike nedersetti­ngs, Bonginkosi Madikizela (voor) en die George-burgemeest­er Melvin Naik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa