George Herald

Stilbaai, dorp van die jaar in Wes-Kaap

- Tisha Steyn

Stilbaai, dié kusdorp in Hessequa, is Sondagaand 31 Maart aangewys as kykNET-Kwêla se Dorp van die Jaar in die WesKaap.

Dié dorp het stof in die oë van Bredasdorp en Worcester geskop om na die finale ronde van die toekenning­s deur te dring.

Sodra al die wenners in die nege provinsies bekend gemaak is, sal die finale stemming per SMS vir die Nasionale Dorp van die Jaar plaasvind.

"Die toekenning se waarde lê in die bemagtigin­g van wat ons daar doen," het Grant Riddles, Hessequa-burgemeest­er, Maandagogg­end gesê.

"Dit gaan meer mense na Stilbaai lok, want hulle wil in 'n skoon dorp woon waar nie geweld is nie en waar mense vir mekaar omgee."

Volgens hom kom 57% van Hessequamu­nisipalite­it se inkomste van Stilbaai en Jongensfon­tein. "Daar is sowat 6 000

Enquiries: Janine Fernold / Air Quality Officer 044 802 2900 voltydse inwoners, maar die inkomste word bereken met inagneming van besoekersb­esteding tydens die vakansiese­isoene. Waar Stilbaai voorheen hoofsaakli­k 'n vakansiedo­rp was, word dit nou ook 'n dorp waar talle mense permanent woon en daar is honderde nuwe intrekkers.

"Stilbaai se woonbuurte verdig, want daar word nou ook op kaal erwe gebou. Die raad se finansiële bestuurspl­an fokus op meer ontwikkeli­ng en ons is besig met opgraderin­g van die rioolstels­el, herseël van paaie en sink van nog boorgate - ons het baie water gekry en dit lyk positief."

Volgens Riddles is hy baie trots daarop dat een van die dorpe in Hessequa dié erkenning gekry het.

"Ek is 'n baie trotse burgemeest­er. Ek woon self daar en die mense is net anders - hulle gee om, het respek vir mekaar en is liefdevol. "Ek wil vir almal wat reeds gestem het, dankie sê en almal nooi om in die finale ronde weer vir Stilbaai te stem sodat ons dorp as die Nasionale Dorp van die Jaar gekroon kan word." Notice is hereby given in terms of the George Municipali­ty’s Air Quality Management Plan and the Bylaw relating to Air Quality Management, that all below-mentioned industries must provide the George Municipali­ty with their general facility informatio­n for air quality purposes and inclusion in the related inventory.

Industries that must provide their informatio­n are:

• Dry Cleaners

• Landfill areas

• Wood-drying facilities

• Spray painters

• Waste water treatment works

• Medical waste incinerati­on

• Fuel stations

• Crematoriu­ms

• Charcoal production

• Clay brick manufactur­ing

• Creosote pole treatment

• Boilers – HFO (oil), LPG (gas), paraffin and wood

• Asphalt plants

A questionna­ire, which is compulsory to complete, is available at the Environmen­tal Services Section at 82 Meade Street, George or by emailing: jfernold@george.gov.za

 ??  ?? Stilbaai is aangewys as kykNET-Kwêla se Dorp van die Jaar in die Wes-Kaap.
Stilbaai is aangewys as kykNET-Kwêla se Dorp van die Jaar in die Wes-Kaap.
 ?? Foto: Tisha Steyn ?? Hessequa-burgemeest­er, Grant Riddles, is baie trots op Stilbaai se prestasie.
Foto: Tisha Steyn Hessequa-burgemeest­er, Grant Riddles, is baie trots op Stilbaai se prestasie.
 ??  ?? EMISSIONS INVENTORY/DATABASE FOR AIR QUALITY PURPOSES
EMISSIONS INVENTORY/DATABASE FOR AIR QUALITY PURPOSES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa