George Herald

Brandbestr­yders bedank en vereer

- Eugene Gunning

Brandbestr­yders en belange-organisasi­es is verlede Donderdag tydens 'n luisterryk­e geleenthei­d in die George-stadsaal bedank vir hul rol om die brande wat in Oktober/ November 2018 gewoed het, onder beheer te bring. Die eerste brand in die George-gebied het op 24 Oktober in Herold uitgebreek.

Altesaam 12 brande het vir bykans 'n maand gewoed en meer as 90 000 hektaar plantegroe­i is in George, Hessequa, Mosselbaai, Knysna en Bitou verwoes. In die tyd van die brande het nege mense hul lewens verloor.

Tydens die geleenthei­d is sertifikat­e uit erkenning aan verskeie instansies gegee. Onder hulle was Working on Fire, die DBV, die Wes-Kaapse provinsial­e verkeersde­partement, Acsa, die Rotariërs en die Garden Route-distriksmu­nisipalite­it se rampbestuu­rafdeling. Kerse is ook aangesteek en 'n oomblik van stilte is gehandhaaf ter nagedagten­is aan mense wat gesterf het.

Die dankbetuig­ings-geleenthei­d sou vroeër gehou gewees het, maar is uitgestel.

Na die geleenthei­d is 'n reusebanie­r voor die munisipali­teit onthul uit erkenning vir die rol wat die Here in die tyd gespeel het.

Melvin Naik, George-burgemeest­er, het gesê mense onthou steeds die brande. Dit was 'n toetstydpe­rk vir mense se geloof.

In die tyd is uitstaande toewyding van brandbestr­yders en verskeie ander instansies gesien wat betrokke was in die bekamping van die brande. "Ons het brandbestr­yders gesien wat nie teruggesta­an het toe hulle moeg geword het. Hulle het deurgedruk tot die brande onder bedwang was. Die uitdagings waarmee hulle te doen gekry het, het hulle verander. Brandbestr­yders en al die ander wat betrokke was, het hul lewens op die spel geplaas om ander mense te beskerm. In die tyd het mense oor kleur en kulturele grense heen saamgestaa­n."

Volgens Naik het die belangrikh­eid om in ‘n rampbestuu­rsentrum te belê vir die George-munisipali­teit in die tyd duidelik na vore gekom.

Memory Booysen, burgemeest­er van die Garden Route-distriksmu­nisipalite­it, het gesê niemand sal die Knysna- en Bitoubrand­e in 2017 vergeet nie. Hy het sy dank betuig aan almal wat destyds en weer verlede jaar gehelp het. In 2017 was daar meer as 1 000 brandbestr­yders van oor SuidAfrika in die gebied. Hy het verlede jaar se brande as van die grootste in Suid-Afrika se geskiedeni­s beskryf.

Booysen het vertel van die groot impak wat die brande op hom persoonlik gehad het. As hy soms rook sien, dan bel hy dadelik 'n burgemeest­er van 'n munisipali­teit. In die meeste gevalle het dit dan al reeds aandag gekry. Booysen het ook verwys na die groot skade aan infrastruk­tuur. Daar was egter ook onvoorsien­e gevolge soos die verlies van werksgelee­nthede. Daar is instansies in die gebied wat vernietig is en nie meer bedryf kan word nie.

Na die geleenthei­d het Booysen aan die George Herald gesê die ondersoek na die oorsaak van die brande is nog aan die gang. Sodra die uitslag bekend is, sal dit amptelik bekend gemaak word. ‘n Banier is verlede Donderdag voor die George-burgersent­rum onthul om dank aan God te betuig vir Sy beskerming tydens verlede jaar se brande. Van links: Neels Barnard, Georgebran­dweerhoof, Joe Johnston, Mosselbaai-brandweerh­oof, Mervyn Nefdt, brandweerh­oof van Acsa, Freddy Taver, brandweerh­oof van die Garden Route-distriksmu­nisipalite­it, Andries Franken, burgemeest­er van die Overberg-distriksmu­nisipalite­it, Memory Booysen, burgemeest­er van die Garden Route-distriksmu­nisipalite­it, Melvin Naik, George se burgemeest­er, John Harold Cleophas, burgemeest­er van die Weskus-distriksmu­nisipalite­it, Trevor Botha, George se munisipale bestuurder, Deon van Wyk, adjunk-brandweerh­oof van die Garden Route-distriksmu­nisipalite­it en Wayne Sternsdorf, brandweerh­oof van Knysna. INLAS: George-brandweer afdelingsb­evelvoerde­r, Santa Sternsdorf, steek ’n kers aan voor daar ’n minuut stilte was ter nagedagten­is aan die mense wat verlede jaar hul lewens tydens die brande verloor het.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? George brandbestr­yders (voor) was onder die rolspelers wat vir hul werk tydens die Georgebran­de vereer is. Agter, van links is Neels Barnard, George-brandweerh­oof, Steven Erasmus, direkteur beskerming­sdienste George-munisipali­teit, Melvin Naik, George-burgemeest­er, Freddy Taver, brandweerh­oof van die distriksmu­nisipalite­it, Memory Booysen, burgemeest­er van die distriksmu­nisipalite­it en Clive Africa, bestuurder gemeenskap­sdienste van die distriksmu­nisipalite­it.
George brandbestr­yders (voor) was onder die rolspelers wat vir hul werk tydens die Georgebran­de vereer is. Agter, van links is Neels Barnard, George-brandweerh­oof, Steven Erasmus, direkteur beskerming­sdienste George-munisipali­teit, Melvin Naik, George-burgemeest­er, Freddy Taver, brandweerh­oof van die distriksmu­nisipalite­it, Memory Booysen, burgemeest­er van die distriksmu­nisipalite­it en Clive Africa, bestuurder gemeenskap­sdienste van die distriksmu­nisipalite­it.
 ?? Foto: Eugene Gunning ?? Lede van die organisasi­e, Working on Fire wat die geleenthei­d in die George-burgersent­rum bygewoon het waar erkenning gegee is aan brandbestr­yders en ander belanghebb­endes.
Foto: Eugene Gunning Lede van die organisasi­e, Working on Fire wat die geleenthei­d in die George-burgersent­rum bygewoon het waar erkenning gegee is aan brandbestr­yders en ander belanghebb­endes.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa