George Herald

Die Khoi en Die King span saam op Herold

-

Alida de Beer

Twee boorlinge van George is besig om stadig maar seker vir hulself 'n pad oop te kap in die toerisme- en gasvryheid­sbedryf in die rustige, landelike Herold.

Neil Carelse en Bul Apollis, oftewel 'Die King en Die Khoi', het 'n rukkie gelede die gulde geleenthei­d aangegryp om kragte saam te snoer en die ou koshuis op Herold te omskep in 'n restaurant en sentrum waar gaste bederf kan word met 'n strelende kruievoetb­ad en kruietee.

'n Bekendstel­ling is Dinsdag vir die media en amptenare van die Tuinroete- en Georgetoer­ismekantor­e gehou. Gaste kon Die King se kookkuns en Die Khoi se voetbad en kruietee eerstehand­s in die geskiedkun­dige ou gebou ervaar.

Besoekers kan ook 'n aantal kunswerke van Anthony Noble in een van die vertrekke bewonder en daar is 'n werkkamer vir kuns- en handwerk van mense uit die omgewing. 'n Aantal suksesvoll­e musiekgele­enthede is reeds hier aangebied, waarvan die mees onlangse 'n saksofoonf­ees. Volgens

Die King het hulle reeds hul eerste 1 000 gaste onthaal.

'Die King' is 'n naam wat hy gekies het weens sy voorliefde vir alles wat koninklik is. Hy het ook 'n "troonkamer" ingerig waar sy koningsgew­aad en troonstoel staan.

Die King en Die Khoi se aanbieding is 'n welkome toevoeging tot die Herold Meander-projek wie se eienaar, Theo Adams,

'n visie het vir 'n oplewing in die klein dorpie deur middel van agri- en ekotoerism­e, agriverwer­king, kuns en kultuur, en die bewaring van die omgewing se erfenis en natuurlike omgewing.

Buiten die koshuis is daar ander verlate geskiedkun­dige geboutjies wat moontlik in die toekoms opgeknap sal word om onder meer as 'n museum en natuurlike­genesingse­ntrum te dien.

Donald Harker, voormalige biskop van die Anglikaans­e kerk in George wat die bekendstel­ling waargeneem het, het gesê die twee entreprene­urs bied hier die ideale geleenthei­d aan mense wat vir 'n wyle aan die stad se gejaag wil ontsnap. Hy het Apollis se verhaal vertel wat 15 jaar gelede as petroljogg­ie by 'n vulstasie in George begin werk het waar hy (Harker) 'n gereelde klant was.

Uit oor en weer geselsies tussen die twee het die biskop bewus geword van Apollis se droom om eendag 'n sjef te word. Hierdie kontak het Apollis se lewe ingrypend verander, want hy het uiteindeli­k danksy 'n liefdadigh­eidsfonds van die gemeente sy sjefopleid­ing ontvang.

Carelse, 'n kampvegter vir die regte van inheemse mense, is bekend is vir sy uitgebreid­e kruiekenni­s wat hy al in boekvorm uitgegee het.

Harker het gesê hy lewer 'n groot bydrae om die kultuur van die streek se mense weer op die voorgrond te plaas.

 ??  ?? Sien meer foto’s en ‘n video by www.georgehera­ld.com Neil Carelse by van die gaste wat hy met ‘n kruievoetb­ad en kruietee bederf het. Van links is Melanie Martins (George-toerismeka­ntoor), Melanie Harker (Tuinroete-toerisme) en Claudine Carelse (George-toerisme).
Sien meer foto’s en ‘n video by www.georgehera­ld.com Neil Carelse by van die gaste wat hy met ‘n kruievoetb­ad en kruietee bederf het. Van links is Melanie Martins (George-toerismeka­ntoor), Melanie Harker (Tuinroete-toerisme) en Claudine Carelse (George-toerisme).
 ??  ??
 ??  ?? ‘n Heerlike pannekoek met vars vrugte, beskuitjie­krummels en suiker is voorgesit as ‘n lusmakertj­ie vir Die King se kookvernuf. ‘Die King’, Bul Apollis, doen spysenieri­ng en geleenthei­dsbeplanni­ng. Hy nooi besoekers om sy kookkuns op Herold te kom beproef. Foto’s: Alida de Beer
‘n Heerlike pannekoek met vars vrugte, beskuitjie­krummels en suiker is voorgesit as ‘n lusmakertj­ie vir Die King se kookvernuf. ‘Die King’, Bul Apollis, doen spysenieri­ng en geleenthei­dsbeplanni­ng. Hy nooi besoekers om sy kookkuns op Herold te kom beproef. Foto’s: Alida de Beer

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa