George Herald

Kos en water vir mense en troeteldie­re in nood

- Eugene Gunning

Mense wat boere, plaaswerke­rs, almal se gesinne en selfs hul troeteldie­re in die droogteget­eisterde Oudtshoorn-omgewing wil help, kan nog tot Saterdag bydraes lewer.

'n Konvooi onder die vaandel van die South African Water Warriors vertrek Saterdagog­gend om 05:00 uit Kaapstad met hulp.

Indien nodig sal van die voertuie in die konvooi op pad na die Klein-Karoo, van die bydraes in die verskillen­de dorpe optel.

Pieter du Plessis van die organisasi­e het aan die George Herald gesê mense kan nog bydraes lewer. In George kan mense bydraes aflaai by Laingstraa­t 52A, George-Suid.

Volgens Du Plessis gaan die stigter van die organisasi­e, Deon Smit, Saterdag van Kaapstad na Oudtshoorn saamry. Die organisasi­e is aanvanklik gestig om water te versprei aan mense in landelike gebiede wat in nood is as gevolg van die droogte.

Dit het later uitgebrei en deesdae word ook in die behoeftes van plaasboere, plaaswerke­rs en almal se gesinne voorsien.

Saterdag sal onder meer water, kos en huishoudel­ike produkte na Oudtshoorn geneem word. Kos vir mense se honde en katte word ook ingesamel want hulle word as deel van mense se gesinne beskou. Dit is van oor die land ingesamel.

Sowat 105 gesinne is geïdentifi­seer.

Die goedere sal na 'n sentrale punt in Oudtshoorn geneem word en vandaar versprei word.

Mense wat nog skenkings wil maak kan Du Plessis bel by 076 844 6435. Belangstel­lendes kan ook 'n e-pos stuur na pieterpdp@gmail. com.

Die werksaamhe­de van die organisasi­e kan ook op Facebook gevolg word.

Saterdag sal mense op Facebook kan volg hoe die konvooi vorder. Mense is ook welkom om vir dele van die rit saam te ry.

 ??  ??
 ??  ?? Van die hulp wat al verskaf is deur die organisasi­e.
Van die hulp wat al verskaf is deur die organisasi­e.
 ??  ?? ‘Die Khoi’, Neil Carelse, se voetbad en kruietee is ‘n sensoriese belewenis.
‘Die Khoi’, Neil Carelse, se voetbad en kruietee is ‘n sensoriese belewenis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa