George Herald

Kragkrisis kry aandag

- Eugene Gunning

Terwyl inwoners en sakeondern­emings die impak van beurtkrag aan eie bas voel, sit hulle nie in sak en as nie. Hulle maak planne om elektrisit­eit te kry van alternatie­we kragbronne.

Verteenwoo­rdigers van maatskappy­e wat betrokke is by die verkoop van alternatie­we kragbronne, het bevestig dat navrae en verkope die afgelope tyd drasties gestyg het.

Melanie Ousley van MLT Solar in George het gesê sedert November was daar 'n 50% styging in navrae en verkope. Dit wissel van groot maatskappy­e tot die gewone man in die straat en pensionari­sse.

Van die mense koop toerusting wat hul rekenaars en televisies­telle aan die gang kan hou tydens beurtkrag. Daar is ook mense wat toerusting koop wat in 'n hele huis se elektrisit­eitsbehoef­te kan voorsien.

Mense kyk ook na alternatie­we kragbronne al is daar nie beurtkrag nie. Hulle argument is dat elektrisit­eit baie duur is en kyk na alternatie­we bronne met die oog op die toekoms.

Johannes van der Walt van

Power Hour het gesê toe daar onlangs beurtkrag was, het hulle rekordverk­ope gehad.

Navrae het ook vertiendub­bel.

"Ons moes selfs een dag ons winkel sluit, omdat ons nie genoeg voorraad

gehad het nie." Mense koop onder meer batterye, omskakelaa­rs, ligte wat met sonkrag werk en battery aangedrewe ligte."

Die kopers wissel oor 'n breë spektrum. Dit sluit byvoorbeel­d bejaardes wat elektrisit­eit benodig vir mediese redes en baie klein sakeondern­emings in.

"Mense vertrou nie meer vir Eskom nie en begin kyk na alternatie­we kragbronne vir die toekoms," het

Van der Walt gesê.

Dr. Dennis Farrell, voorsitter van die George-sakekamer, het gesê dat die instansie onlangs gesprekke gehad het met die George-munisipali­teit oor die kragsituas­ie. "Ons is meegedeel dat die munisipali­teit daarna kyk om navorsing te doen oor alternatie­we kragbronne."

Die sakekamer en die munisipali­teit gaan voortaan ook geskedulee­rde vergaderin­gs hou om die kragsituas­ie te bespreek.

Volgens Farrell was daar die afgelope week of twee nie beurtkrag nie en dit gaan nou bietjie beter, maar mense kyk steeds na alternatie­we kragbronne. Volgens hom is dit 'n feit dat beurtkrag 'n negatiewe impak op sakeondern­emings het. Dit kos maatskappy­e geld om in alternatie­we kragbronne te belê.

Dr. Willie Cilliers, voorsitter van die AHi Wes-Kaap, het gesê daar sal beslis weer beurtkrag wees. Die AHi Wes-Kaap is besig met gesprekke met die Wes-Kaapse provinsial­e regering.

Op 12 April vind 'n vergaderin­g by Goudini-spa plaas. Die AHi Wes-Kaap, die provinsial­e regering en verteenwoo­rdigers van toerisme, die landbou en die sakesektor word na die vergaderin­g genooi. "Ons sal koppe bymekaar sit hoe om beurtkrag te hanteer."

Cilliers is bekommerd oor die negatiewe impak van beurtkrag op klein sakeondern­emings. Dit kan lei tot werksverli­ese.

 ??  ??
 ??  ?? Sonpanele wat aangebring is om in die elektrisit­eitsbehoef­tes van ‘n ondernemin­g te voorsien. INLAS: Dr. Dennis Farrell, voorsitter van die George-sakekamer.
Sonpanele wat aangebring is om in die elektrisit­eitsbehoef­tes van ‘n ondernemin­g te voorsien. INLAS: Dr. Dennis Farrell, voorsitter van die George-sakekamer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa