George Herald

Slaap-slaap of wakker?

- Prof. Francois Hanekom

Toerisme se moontlik enorme impak op mense se lewens, aan die ontvangs- én dienskant, word steeds maklik misken. Die nasionale regering is ernstig om toerisme te bevorder. So het ‘n aktiewe minister van toerisme self onlangs ene Gigaba, toe nog minister van binnelands­e sake, in die openbaar teengegaan oor uiters beperkende, dwase beheermaat­reëls. Die regering is daartoe verbind “to promote responsibl­e tourism for the benefit of

South Africa and for the enjoyment of all its residents and foreign visitors”.

Ook die nasionale ontwikkeli­ngsplan (ongelukkig tans maar stofbedek) erken toerisme as “one of the main drivers of employment and economic growth, and envisages the promotion of South Africa as a major tourist and business events destinatio­n” (Uitkoms 4); vir die skepping van “decent employment through inclusive growth as comprehens­ive rural developmen­t and land reform” (Uitkoms 7). Let wel - ook landelike ontwikkeli­ng.

Toerisme verdien sowat R150 biljoen jaarliks direk vir die land, sowat 3% van die nasionale produk. Wanneer egter bereken word hoe verwante, bydraende sektore diens doen, klim die waardekett­ing tot meer as 10% van die nasionale produk met ‘n totaal van verby die

R420 biljoen. Dit impliseer direkte en indirekte werkskeppi­ng tot by 1,5 miljoen wat 10% van nasionale indiensnem­ing impliseer. Die Wes-Kaap word openlik, maar meestal so bietjie om die draai, as Suid-Afrika se mees ontwikkeld­e toerismest­reek erken. Een uit elke 10 werknemers in die Wes-Kaap maak ‘n lewe uit toerisme, meer as enige van die ander provinsies.

Die hooffokus in die provinsie is steeds ver oorheersen­d stedelik - die Kaapse metro met Tafelberg as uitstaande, oral bekende simbool - een van die Sewe Wêreld Natuurwond­ers. Daarna volg die Victoria en Alfred Waterfront. Indien meer mense gesofistik­eerd na Robbeneila­nd geneem kan word, sal dié attraksie ongeloofli­k groei. Buite die metrogebie­d is die WesKaapse wynroetes hoog op die lys.

Maar moenie verbaas wees nie, jazz is byvoorbeel­d besig om as trekpleist­er te groei!

Die Tuinroete figureer tweede op die Wes-Kaapse lys, as nie-nabye metrogebie­d. Goeie samewerkin­g met Wesgro bemark tans die streek suksesvol. Tog wil die Wesgro-spesialist­e net een foto groot op die bemarkings­voorblad hê - Tafelberg, met die stad en see in die voorgrond. Geen volstruis of Outeniquab­erge nie.

Verrassend is die groeiende belangstel­ling van buitelande­rs in voorheen niegenoemd­e plekke soos Genadendal as die oudste Morawiese dorpie in Afrika, met geboue van 1738. Die Klein-Karoo behou sy betowerend­e aantreklik­heid. Ek kon byvoorbeel­d onlangs ‘n groep Australiër­s net nie uit die dorre landskap wegkry nie. Moet nie in die verband die rol van top-restourant­e in kombinasie met goeie streekwyne buite rekening laat nie.

As ons net kan besef dat ons wakker aan alle fronte moet optree. En alle kwaliteite hoog stel. Ontwikkeli­ng kom selde vanself, ook in toerisme. So het my familie onlangs, net noord van Londen, die mooiste natuurskoo­n en goeie toerismeve­rsorging ervaar. Waarom daarteenoo­r ‘n onrustige, moorddadig­e Suid-Afrika op soek? Ons mag nie aan die slaap wees nie. So het die World Travel & Tourism Council (WTTC), so pas Ethiopië as die Afrika-land met die hoogste toerismegr­oei uitgewys - ‘n bykans ongeloofli­ke 48,5%. Ons moet dadelik ondersoek instel - hoe en waarom?

Ons Wêreld verskyn elke tweede week.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa