George Herald

Veilige finansies in die kuberwêrel­d (3)

-

In die vorige twee aflewering­s het ons gekyk na die veilige gebruik van bankkaarte wanneer jy jou kaart aanbied vir betaling van goedere of dienste. Ons het genoem dat drie tipes inligting wat verband hou met jou bankkaart baie belangrik is en te alle tye beskerm moet word. Eerstens, die gedrukte inligting wat sigbaar op jou kaart gedruk is. Tweedens, die elektronie­se inligting wat op jou kaart se magnetiese­strokie en/ of mikroskyfi­e gestoor is en derdens, jou 4-syfer PIN wat ‘in jou kop gestoor’ is.

Gewoonlik word ten minste twee van die tipes inligting verlang alvorens jy jou bankkaart kan gebruik vir betaling. Byvoorbeel­d, by ‘n winkel of restaurant word jou kaart in ‘n elektronie­se leser gedruk, om die elektronie­se inligting te lees, en jy sleutel jou PIN, wat net jy behoort te weet, in. Skelms, wat jou kaart en gevolglik finansies wil skaak, benodig die elektronie­se inligting op jou kaart asook jou PIN. Om die elektronie­se inligting op jou kaart te bekom, kan jou kaart gesteel word of jou kaart kan gekloon word. In die eerste geval, sodra jy vermoed jou kaart is weg of gesteel, rapporteer dit onmiddelli­k en kanselleer jou kaart. Tweedens, om ‘n kaart te kloon is redelik maklik.

Dit word bloot in ‘n vals (kloon) leser of skandeerde­r ingedruk of deurgetrek en die inligting daarop word gestoor vir latere gebruik. Hierdie kloonskand­eerders is meestal klein en lyk baie onskuldig. Gevalle word gereeld gerapporte­er waar ‘n kloonskand­eerder voor die gleuf waar jy jou kaart in ‘n OTM masjien indruk, onwettig gemonteer word. Wanneer jy jou kaart by die OTM indruk, word jou kaart se elektronie­se inligting gelees en gestoor om dan later ‘n gekloonde kopie van jou kaart te maak. Kyk altyd of die OTM se kaartgleuf verdag lyk of nie alvorens jy jou kaart indruk. Vele gevalle is ook al gerapporte­er waar bankkaarte by petrolstas­ies of ander winkels gekloon is waar die assistent die bankkaart eers in ‘n vals leser indruk, alvorens die regte kaarttermi­naal gebruik word. Dus, maak seker dat jou kaart nooit uit jou sig verdwyn nie en kyk mooi wat die assistent met jou kaart maak. Wat jou PIN aanbetref, soos verlede week genoem, hou jou hand altyd oor die sleutelbor­djie. Skelms gebruik mikro-klein kameratjie­s, vêrkykers, spieëls, ensovoorts om jou PIN te bekom.

Wenk vir hierdie week: Moet nooit jou kaart uit jou sig laat gaan nie en maak seker dat die assistent dit slegs in ‘n erkende bankkaartt­erminaal druk.

Volgende keer kyk ons verder hoe jy veilig aanlyn aankope kan doen met jou kaart.

E-pos gerus vrae omtrent die inhoud van hierdie artikel aan: rossouw@mandela.ac.za

Prof Rossouw von Solms is ‘n emeritus professor en lid van die Sentrum vir Navorsing in Inligting en Kuberseker­heid aan die Nelson Mandela Universite­it.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa