George Herald

Nuwe oogkundige reeds tuis in George

-

Martin Botha, die eienaar en oogkundige van Outeniqua Oogkundige­s, wil graag vir Shani Myburgh bekend stel aan George.

Shani het in Oktober 2018 by Outeniqua Oogkundige­s aangesluit en sal dus al reeds aan van die lesers bekend wees.

Shani het aan die Universite­it van die Vrystaat (Kovsies) haar Baccalaure­usgraad in optometrie verkry. Sy was die laaste drie jaar werksaam in Somerset-Wes by Colin van Wyk Oogkundige­s waarna sy en haar man Marius Myburgh na Rheebok verhuis het.

Shani het veral ‘n voorliefde vir kinders en is dus bereid om vir kinders onder die ouderdom van 12 jaar, gratis visuele siftingsto­etse te doen.

Dit is om te verseker dat hulle nie agter raak met hulle skoolwerk as gevolg van visuele probleme nie.

Shani is ook baie behendig met laevisiehu­lpmiddels vir persone wat sukkel met oogsiektes soos onder andere makulêre degenerasi­e en gloukoom wat hul visie inkort en waar ‘n bril alleenlik nie genoeg is nie.

Outeniqua Oogkundige­s het reeds 17 jaar gelede, in Maart 2002, in George tot stand gekom.

Met Shani se aanstellin­g glo Martin dat die praktyk net van krag tot krag sal gaan en dat die George publiek ook vir haar sal ondersteun soos hulle reeds die afgelope 17 jaar vir hom doen.

Outeniqua Oogkundige­s glo daaraan om slegs die beste kwaliteit brilrame en lense te gebruik teen ‘n bekostigba­re prys. Sodoende word daar verseker dat jy as pasiënt die beste moontlike visie en gemak sal ervaar.

Dit is die praktyk se beleid om die beste moontlike oogsorg aan al hulle pasiënte te verskaf en word hulle oogtoetse 45 minute uitmekaar bespreek.

Die praktyk beskik ook oor ‘n funduskame­ra waarmee foto’s van die retina geneem word met elke volledige oogtoets. Hierdie foto’s is baie noodsaakli­k om byvoorbeel­d diabetiese retinopati­e of makulêre degenerasi­e te monitor of vroegtydig op te spoor.

Skakel vandag nog 044 871 2931 en maak ‘n afspraak vir u volgende oogtoets.

 ??  ?? Shani Myburgh
Shani Myburgh

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa