George Herald

Eden-spelers presteer by SA’s

-

Eden-skaak het ‘n nasionale kampioen opgelewer by hierdie jaar se SA junior geslote skaakkampi­oenskappe wat van

17 tot 22 Maart in Benoni gehou is.

Vyf dogters van Eden is hierdie jaar genooi om aan die toernooi deel te neem en teen die beste skaakspele­rs in ons land mee te ding vir ‘n plek in die Suid-Afrikaanse skaakspan. Net om genooi te kon word na hierdie kampioensk­appe maak reeds van elkeen ‘n wenner in eie reg.

In die o.10-dogters het Sydney Michaels ‘n telling van 4,5 uit 9 behaal en sy was algeheel 13de in haar groep.

Die o.14-dogter, Sharna Prince, het in haar eerste SA geslote skaakkampi­oenskappe ‘n goeie prestasie van 4 uit 9 behaal, wat haar ‘n algehele 16de plek in haar groep besorg het.

Dit was ook Lauri Kay Michaels (dogters o. 16) se vuurdoop. Sy het goeie skaak gespeel en alhoewel sy nie punte kon kry nie, nie het sy baie goeie ondervindi­ng opgedoen.

Vir Sune Swart, in die dogters o.18-groep, was dit die laaste keer wat sy kon deelneem. Sy het uitstekend gevaar en ‘n totaal van

4,5 uit 9 behaal, met vyf wedstryde gelykop, twee verloor en twee gewen.

Sy was een van drie spelers met dieselfde puntetelli­ng en na haar uitkloppot was sy algeheel in 10de plek. Hiermee het Suné gekwalifis­eer vir die SA span wat die Commonweal­th later dié jaar kan bywoon.

Die ster van die Eden-span was Nicola Putter. In die dogters o.16-afdeling het sy tot op die laaste teruggeveg en geëindig met ‘n telling van 6,5 uit 9.

Drie van haar teenstande­rs het dieselfde puntetelli­ng gehad en uitkloppot­te moes weer gespeel word, waar Nicola as die wenner uit die stryd getree het.

Nicola is dus die dogters o. 16-kampioen vir 2019. Sy sal later die jaar Suid-Afrika by die World Youth, African Youth, Commonweal­th verteenwoo­rdig.

Hierdie spelers is ware ambassadeu­rs vir Eden en ‘n inspirasie vir ander. Eden-skaak is trots op hulle.

- Berig deur George en Annemarie Swart

 ??  ?? Sharna Prince (o.14) Sune Swart (o.18) Sydney Michaels (o.10)
Sharna Prince (o.14) Sune Swart (o.18) Sydney Michaels (o.10)
 ??  ?? Lauri-Kay Michaels (o.16)
Lauri-Kay Michaels (o.16)
 ?? Foto’s: Reint Dykema ?? Nicola Putter het haar pad oopgeveg om die dogters o. 16 SA kampioen te word.
Foto’s: Reint Dykema Nicola Putter het haar pad oopgeveg om die dogters o. 16 SA kampioen te word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa