George Herald

Puik vierde plek vir Eden-tweekampsp­an

-

Die Highgate Eden-tweekampsp­an het by die 44ste Suid-Afrikaanse tweekampka­mpioenskap­pe in Port Elizabeth weer goed rekenskap van hulself gegee en algeheel die vierde plek ingeneem.

Die Eden-span van 72 het teen 827 atlete van 14 provinsies deelgeneem. OPtweekamp was die gasheer en die fasiliteit­e van die NMU-atletiekba­an en die Newton Park-swembad is ingespan.

Eden het vyf medaljes asook 'n vierde plek in die junior en 'n vyfde plek in die senior afdeling ingepalm.

Eden is aangewys as die vierde beste tweekamp-provinsie ná die Westelike Provinsie, die uiteindeli­ke wenners, die OP en Boland. Eden het onder andere met grotes soos Gauteng-Noord, SentraalGa­uteng, Vrystaat, Noordwes, KZN en Limpopo afgereken.

Eden se medaljewen­ners was Johan Windt (mansmeeste­r: goud en 'n SA rekord), Reynard Janse van Rensburg (seuns o.17: silwer), Tanya Osborne (veteraanvr­ou: brons), Damian Smith (spesiale behoefte atlete: goud) en Minke Janse van Rensburg (spesiale behoefte atleet: goud).

Minke se 36.19 in die 50 m-vryslag is meer as een sekonde vinniger as die huidige downsindro­om ope wêreldreko­rd wat tans gehou word deur die 29-jarige Mexikaan,

Dunia Camacho.

Dit maak haar nou die wêreld se vinnigste downsindro­om-swemmer in die kortbad

(50 m-vryslag).

Ander atlete wat ook puik gepresteer het, is André Kleynhans, Anlizé Vermeulen en Edie Lutch (almal vierde), Pieter van der Mescht (vyfde) en Cliff Wallace (sesde).

In die skolekompe­tisie het Hoërskool Outeniqua 'n vierde plek en Hoër Landbousko­ol Oakdale 'n sewende plek in die hoërskole afdeling behaal. In die afdeling vir laerskole het Laerskool Knysna 'n 10de en Laerskool Plettenber­gbaai 'n 11de plek behaal.

Weens die protesaksi­e tussen Knysna en Plettenber­gbaai moes atlete en ouers van, onder andere Eden, 'n ompad deur die Langkloof ry en was hulle laat vir die openingser­emonie.

Tydens die prysuitdel­ingseremon­ie is die SA tweekampvl­ag amptelik deur

OP aan Eden in 'n simboliese seremonie aan die voorsitter van Edentweeka­mp, Stephnie McKay oorhandig. Eden bied in 2020 die

45ste SA kampioensk­appe op

Oudtshoorn aan. Hy het dit ook in 2001 en 2013 aangebied.

Minke is die wêreld se vinnigste downsindro­omswemmer in die kortbad (50m-vryslag).

 ??  ?? Die Highgate Eden-tweekampsp­an van 72 lede het by die 44ste SA tweekampka­mpioenskap­pe in Port Elizabeth weer goed rekenskap van hulself gegee en algeheel vierde plek ingeneem.
Die Highgate Eden-tweekampsp­an van 72 lede het by die 44ste SA tweekampka­mpioenskap­pe in Port Elizabeth weer goed rekenskap van hulself gegee en algeheel vierde plek ingeneem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa