George Herald

Nuwe junior downsindro­om-wêreldreko­rd vir Minke Janse van Rensburg

-

Met die goue medalje wat die 14-jarige Minke Janse van Rensburg nou in die 50 m-vryslag by die Suid-Afrikaanse Sportveren­iging vir intellektu­eel gestremde persone (SASA-II) se ope nasionale swemkampio­enskap in Kimberley gewen het, het sy nie net haar 27-jarige rolmodel, Melisa O’Neil, met meer as twee sekondes geklop nie, maar ook haar bestaande junior downsindro­om-wêreldreko­rd en Ope Afrika-rekord (alle ouderdomme) verbeter.

Minke se nuwe 50 m-vryslaglan­gbadtyd van 37.61 sekondes is slegs 0.34 sekondes stadiger as die 29-jarige Mexikaan Dunia Camacho se ope downsindro­omwêreldre­kord van 37.27 sekondes.

Sy het by dié byeenkoms nog 'n goue medalje, vier silwer- en twee bronsmedal­jes, alles in die ope kategorie, gewen.

Sy het ook nuwe downsindro­om junior Afrika-rekords in die 50 m-rugslag, 50 m-borsslag en

100 m-borsslag opgestel.

Minke sê sy het verlede jaar tydens die DSISO-wêreldkamp­ioenskappe in Kanada vir Dunia gesê sy gaan haar eendag, as sy groot is, klop.

Sy het by dié byeenkoms 'n bronsmedal­je in die swemnommer gewen nadat sy die enigste junior swemmer uit 57 swemmers in die uitdunne was wat vir die eindstryd gekwalifis­eer het.

Hierdie nuwe rekord asook die ander tye wat Minke by die onlangse nasionale kampioensk­appe geswem het, beteken dat Minke een van slegs drie Suid-Afrikaanse downsindro­omvroue is wat voldoen aan die A-kwalifiser­ende standaarde vir die Global Games, wat gedurende Oktober vanjaar in Brisbane, Australië, gehou word.

Minke sê sy is besonder dankbaar teenoor haar afrigter, Sybeth Hughes van Fish Eagle Aquatics in George, wat haar na Kimberley vergesel het.

Minke hou tans drie junior downsindro­om-wêreldreko­rds, twee Ope (alle ouderdomme) Afrikareko­rds en 12 junior Afrika-rekords.

Sy het ook 'n verdere drie

Afrika ope aflosrekor­ds agter haar naam as deel van die nasionale downsindro­omspan.

 ??  ??
 ??  ?? Die 14-jarige Minke Janse van Rensburg (middel) het by die SuidAfrika­anse Sportveren­iging vir intellektu­eel gestremde persone (SASAII) se ope nasionale swemkampio­enskap in Kimberley geskitter deur twee goue medaljes, vier silwer- en twee bronsmedal­jes los te swem. Sy het ook in die 50 m-vryslag haar bestaande junior downsindro­omwêreldre­kord en Ope Afrika-rekord (alle ouderdomme) verbeter. By haar is die 27-jarige Melisa O’Neil (links) en Rentia Oosthuizen (26).
Die 14-jarige Minke Janse van Rensburg (middel) het by die SuidAfrika­anse Sportveren­iging vir intellektu­eel gestremde persone (SASAII) se ope nasionale swemkampio­enskap in Kimberley geskitter deur twee goue medaljes, vier silwer- en twee bronsmedal­jes los te swem. Sy het ook in die 50 m-vryslag haar bestaande junior downsindro­omwêreldre­kord en Ope Afrika-rekord (alle ouderdomme) verbeter. By haar is die 27-jarige Melisa O’Neil (links) en Rentia Oosthuizen (26).
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa