George Herald

Hou dié ene dop

- Hugo Redelinghu­ys

Die SWD Premier-klubrugbyl­iga het sy eerste skok van die seisoen opgelewer toe die kampioen, Progress, verlede Saterdag op Oudtshoorn met 33-25 deur Bridgton geklop is.

Dit het behoorlik gegons op sosiale media oor die onverwagse glips en Progresson­dersteuner­s het van hulle laat hoor. Hoewel dit Progress se eerste wedstryd was en 'n lang seisoen nog voorlê, is dié uitslag net weer 'n bewys dat die kompetisie vanjaar wyd oop is. Nie net een of twee perde gaan in dié resies as volslae gunsteling­e wegspring nie.

En die een span wat vanjaar sy stem gaan laat hoor, is Crusaders. Parkdene se spogspan het verlede Saterdag sy voorneme om vanjaar die liga te wen baie duidelik gemaak deur die nuweling, George, met 51-13 op te foeter. Dit was 'n kliniese vertoning deur sy voor- en agterspele­rs, maar hoegenaamd nie perfek nie en heelwat skaafwerk wag nog vorentoe. Maar Crusaders het 'n bulpak en genoeg diepte in die klub.

Christo du Plessis, wat vir die Arende uithalersp­el op flank en agtsteman gelewer het, is eers ná rustyd opgestuur en dié het onmiddelli­k 'n groot impak gemaak. Hy kan vanjaar weer van groot waarde vir die uitgedunde Arende-span wees.

Slegte nuus vir die ander spanne is dat Crusaders nog nie eers vir Curtley Scheepers, een van die belowendst­e senters in die SuidKaap, ingespan het nie.

George, daarenteen, is trompop met die harde werklikhei­d van klipharde rugby op dié vlak gekonfront­eer.

Dalk was die oorgang van die

Presidents­liga na die Premierlig­a net daai een hekkie te hoog, maar dis nog gans te vroeg om alarmistie­s te wees.

George moes opdraf minus twee staatmaker­s, waaronder die bobaaslosv­oorspeler Francois Kemp. Twee swaeltjies maak nou wel nie somer nie, maar as jou agttal uitgedun is, het dit wel 'n groot impak.

Barbarians het sy spiere gebult en Blanco met 46-18 geklop terwyl Heidelberg ook beïndruk het met 'n oorwinning van 45-14 teen Maori's.

Hier lê 'n opwindende seisoen voor en die stryd om die voorste plekke gaan nog interessan­ter verloop.

Die Premierlig­a-klubrugbyw­edstryd om Saterdag dop te hou is gewis die tweestryd tussen Crusaders en Bridgton, wat om 16:00 in Parkdene gespeel word.

Bridgton het die Premierlig­a-kampioen, Progress, verlede week geklop terwyl Crusaders vir George oorrompel het. Verwag 'n bulstryd, want albei spanne het 'n oog op die kampioensk­apstitel.

Progress pak Heidelberg en behoort nie slapelose nagte te hê om die besoekers op Rosemoor te bêre nie.

In Heidedal gaan die hare waai wanneer Maori's en Blanco mekaar pak.

Albei spanne sukkel om aan die gang te kom en het in hul eerste twee kragmeting­s vasgeval. Albei sal dus oorgehaal wees om hul wendroogte te verbreek. Blanco het darem al 'n enkele punt ingesamel, maar Maori's moet nog die "eier breek."

Dus kan sy tuisveldvo­ordeel Saterdag 'n verskil maak.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa