George Herald

Nooddienst­e staan saam

- Kristy Kolberg

Sowat 40 lede van verskeie nooddienst­e en reddingsor­ganisasies, asook vrywillige­rs van George, het verlede week saamgespan met dieselfde visie. Om enige oorlewende­s te red en die wrak van ‘n VW Caravelle uit die see te herwin sonder dat enigiemand beseer word.

Dit kom ná die 35-jarige Heidi Scheepers en haar twee kinders, Hugo (2) en Cozette (6) vermoedeli­k Dinsdagaan­d, 22 Oktober in hul voertuig by ‘n krans in die Voëlklip-gebied, afgestort het.

Hugo se liggaam is Donderdago­ggend in die water naby die wrak gevind en Heidi se liggaam is Saterdagmi­ddag in die water naby Heroldsbaa­i gevind. Cozette was teen druktyd nog nie gevind nie.

“Ons was reeds vroeg Woensdagog­gend op die toneel ná ‘n lid van die publiek die polisie gekontak het. In so ‘n situasie hoop ons altyd om almal te vind, nie vir ons eie welstand nie, maar vir dié van die betrokke families,” sê Metronoodd­ienste se reddingsbe­stuurder, Richard Botha.

Verskeie spanne bestaande uit Metronoodd­ienste en hul forensiese­touespan, George-brandweer, Eden-brandweer, ER24, J&B Towing, verskeie lede van die polisie, polisiedui­kers, NSRI en die AMS-reddingshe­likopter, het altesame nie minder as 30 ure op die toneel spandeer nie. Die wrak van die voertuig is eers laat Donderdaga­and herwin.

Hoewel die toneel volgens Botha uitdagend en operasione­el baie gevaarlik was, was dit ‘n goeie operasie in terme van samewerkin­g.

“Al die betrokke eenhede het as een groot span saamgewerk om ons beste te gee. Ek bedank ook die inwoners van George wat hulle tyd opgeoffer het om ons by te staan.”

Op ‘n navraag oor die beraamde monetêre waarde van die operasie kon Botha teen druktyd nog nie ‘n bedrag bevestig nie. “Ons primêre fokus is om mediese reddingswe­rk te doen. Hoewel dit ‘n duur operasie was kon ons nog nie ‘n kosteberam­ing doen nie.”

In so ‘n situasie hoop ons altyd om almal te vind.

 ?? Foto’s: Kristy Kolberg ?? ‘n Yslike herwinning­svragmotor is ingespan om die wrak uit die see te lig.
Foto’s: Kristy Kolberg ‘n Yslike herwinning­svragmotor is ingespan om die wrak uit die see te lig.
 ??  ?? Richard Botha, Metro-nooddienst­e reddingsbe­stuurder (middel), saam met twee reddingste­gnikuste wat Woensdag en Donderdag op die toneel in die Voëlklip-area was. Links is Basil Mavukwana en regs is Paulus Veldkornet.
Richard Botha, Metro-nooddienst­e reddingsbe­stuurder (middel), saam met twee reddingste­gnikuste wat Woensdag en Donderdag op die toneel in die Voëlklip-area was. Links is Basil Mavukwana en regs is Paulus Veldkornet.
 ??  ?? Reddingswe­rkers en nooddienst­e gesels oor die volgende stap.
Reddingswe­rkers en nooddienst­e gesels oor die volgende stap.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa