George Herald

Jones dalk borgtog kwyt

- Michelle Pienaar

Die voormalige George-raadslid Henry Jones, is moontlik sy borgtog kwyt nadat hy versuim het om Maandag 11 November in die George-landdrosho­f te verskyn. Dit is die derde keer, sedert sy bedrogsaak op 30 September begin het, wat Jones vir sy hofverskyn­ing afwesig was.

‘n Lasbrief is vir sy inhegtenis­name uitgereik. Jones is gister, 13 November, vanuit die selle begelei om aan die hof te verduideli­k hoekom hy nie Maandag opgedaag het nie.

Intussen het sy regsvertee­nwoordiger, Kerneels Meyer, hom aan die saak onttrek. ‘n Gebrek aan kommunikas­ie en dreigement­e van sy kliënt, sowel as minagtende optrede van diegene wat hy wel kon bereik, is as redes vir Meyer se besluit aangevoer. Jones het die hof vir uitstel gevra sodat hy ‘n “goeie advokaat” kan aanstel.

Jones pleit onskuldig op 11 aanklagte van bedrog en ‘n aanklag van diefstal. Hy word onder meer daarvan beskuldig dat hy gesubsidie­erde plotte en HOP-huise in Rosedale onwettig verkoop het gedurende sy termyn as portefeulj­eraadslid vir behuising.

Oor sy versuim om Maandag by die hof op te daag het Jones gesê hy wil sy eie saak stel. Hy het mediese hulp vir sy swak gesondheid gesoek en besit nie tans ‘n selfoon nie. Die dokumente wat die hof in die verband ontvang het, was nie oortuigend nie. Landdros Praglathan Govender, wat die saak aanhoor, het aan Jones gesê dat indien hy in staat was om ‘n bus na die hospitaal te haal, hy ook in staat was om met ‘n bus by die hof op te daag. Jones het op ‘n stadium vanuit die beskuldigd­ebank gesê dat hy nie in ‘n toestand is om getuienis in die hof af te lê nie: “Daarom wil ek hê die saak moet klaarmaak.” Hy het ook beweer dat hy nie meegedeel is dat hy in Oktober moes verskyn nie.

Govender, wat die saak aanhoor, het voorgestel dat

Jones eerder regsvertee­nwoordigin­g ontvang om sy borgtogsit­uasie te hanteer aangesien hy “in sirkels” praat. Dit was nie op daardie stadium nodig om te getuig nie, maar slegs om onder eed te verklaar hoekom hy nie die hofsitting Maandag kon bywoon nie.

Die saak het gister verdaag sodat Jones onder polisiebeg­eleiding sy medikasie tuis kan neem.

Die saak is voorheen uitgestel tot 11 November vir ‘n mediese verslag oor Jones se gesondheid. Jones is ‘n diabeet, hy is gediagnose­er met kolonkanke­r en het ook ‘n hartkwaal. Teen druktyd gister was dit onduidelik of die saak dieselfde dag sou voortgaan en of dit uitgestel sal word.

Daarom wil ek hê die saak moet klaarmaak.

 ?? Henry Jones Foto: Michelle Pienaar ??
Henry Jones Foto: Michelle Pienaar

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa