George Herald

Riviere wat bruis gee boere moed

- Alida de Beer

Die deurdringe­nde reën wat van verlede Woensdag tot Dinsdag vandeeswee­k uitgesak het, het nie net die Tuinroeted­amvlak van *65,4% tot 91,56% laat klim nie, maar vir boere in die George-omgewing was dit 'n absolute uitkoms.

George Kuyler van Skimmelkra­nsmelkboer­dery buite George het teen Dinsdag tussen 90 mm en 110 mm oor die lengte en breedte van die plaas gemeet. "Die laaste keer dat ons so 'n volume reën op een slag gekry het, was in 2014. Ons riviere het stilgestaa­n, maar ewe skielik is daar baie hoop. Die Gwaiingriv­ier loop so sterk dat ons op die oomblik sukkel om na van ons damme toe te pomp, maar ons sal seker teen Dinsdagmid­dag twee pompstasie­s kan aanskakel. Op al die lande is die waterstatu­s herstel en is die bo-, middel- en ondergrond vir die eerste keer in 'n baie lang tyd nat."

Hy sê hulle het die laaste paar maande begin sukkel met die opbou van soute in die grond, maar die reën het dit nou redelik uitgewas.

Die George-munisipali­teit het teen Woensdagog­gend 158,3 mm by die waterwerke gemeet. Oral in George se omgewing bruis die riviere. SANParke het die Touwrivier­monding Sondagmidd­ag om 14:00 oopgestoot. Volgens Nandi Mgwadlamba, kommunikas­iebestuurd­er vir die Tuinroete Nasionale Park, is

62 mm in Wilderness na die naweek gemeet.

Die laaste keer dat ons so ‘n volume reën op een slag gekry het, was in 2014.

'Moed om aan te gaan'

Andrew Moolman van Groot-Brak Avo's het gesê boere in die omgewing is baie verlig. "Baie mense was nie bewus van hoe erg dit vir boere was nie. Dit was 'n ware groen droogte. Nou het baie weer die moed om aan te gaan. Die damme is nog nie heeltemal vol nie, maar ons is dankbaar.”

Cornie Swart, president van Agri WesKaap, het in 'n verklaring gesê die reën het oor groot dele van die provinsie verligting gebring, veral in die Suid-Kaap. Die

Buffeljags­dam by Swellendam loop oor en riviere by Herbertsda­le loop vir die eerste keer in jare.

"Die Gouritzriv­ier het ook gedeelteli­k begin loop na goeie reën in die Albertinia­omgewing. Die totale Breederivi­er-/ Riviersond­erend-sisteem het baie water gekry. Die droogte in 'n groot gebied oos van die Hottentots-Hollandber­ge tot by

Plettenber­gbaai is so te sê gebreek."

Hy het gesê dit sluit nie Oudtshoorn, Calitzdorp, Montagu, Barrydale en die Klein- en Sentraal-Karoogebie­de in nie. Opvolgreën is hier nog krities nodig.

* Die departemen­t van waterwese moet die dam nog herkalibre­er om die verhoging van die damwal in berekening te bring. Tot dan is die lesings gebaseer op die ou damwalhoog­te.

 ?? Foto: Alida de Beer ?? Die Silwerrivi­er het Sondag sterk geloop.
Foto: Alida de Beer Die Silwerrivi­er het Sondag sterk geloop.
 ??  ??
 ??  ??
 ?? George Herald ?? Wessel van Heerden van die
het hierdie foto ongeveer ‘n week voor die reën geneem.
George Herald Wessel van Heerden van die het hierdie foto ongeveer ‘n week voor die reën geneem.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa