George Herald

Pypleiding is oud, nuwes is duur

- Michelle Pienaar

Pypbarste is ‘n gereelde verskynsel in George. ‘n Inwoner van die Blanco/Heatherpar­k-omgewing het haar na die soveelste pypbars in dié woongebied na die George Herald se Facebook-blad gewend.

So lui haar vraag: “Hoekom vervang die munisipali­teit nie vir ‘n slag net ons pype en fittings in Blanco/Heatherpar­k-area nie? Daar is bykans elke maand ‘n pyp wat bars in die area dan moet ons vir dae sonder water sit. Dit raak nou effe afgesaag.”

Die inwoner stel voor dat die gemeenskap dalk munisipale belasting moet weerhou tot die pypleiding herstel is. Volgens die direkteur van siviele ingenieurs­dienste, Regenald

Wesso, is waterpype voortduren­d onderhewig aan drukverand­erings wat skielik of oor tyd kan opbou en meebring dat pype sporadies bars.

“Hierdie is tipies so ‘n geval en dus nie iets buitengewo­on nie.

Die netwerkpyp­e is baie oud en ‘n vervanging­sprogram op groot skaal is beskikbaar, maar in hierdie stadium nie bekostigba­ar nie,” het hy gesê. “Pype word gereeld deur middel van roetine-instandhou­ding vervang en herstel.” Wesso maan dat die dreigement om belastingg­eld te weerhou nie ligtelik opgeneem word nie.

“Die betrokke inwoner word aangeraai om vertroud te raak met wetgewing wat sulke gedrag en dreigement­e onwettig verklaar. Inwoners word aangeraai om formele klagtes oor substandaa­rd werk of aksies waarmee ontevreden­heid ondervind word, aan die munisipale bestuurder te rig.”

* The director of Civil Engineerin­g, Regenald Wesso, said the frequent pipe bursts in George can be ascribed in great part to the network’s age. A programme for comprehens­ive pipe replacemen­t does exist, but funds to execute it is lacking. Residents are asked to submit formal complaints about substandar­d or unsatisfac­tory service with the municipal manager.

 ?? Foto: Eugene Gunning ?? Die George-Oos-poskantoor in Knysnaweg gaan sluit.
Foto: Eugene Gunning Die George-Oos-poskantoor in Knysnaweg gaan sluit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa