George Herald

Hoe wend wyksraadsl­ede geld aan?

- Eugene Gunning Lees meer hieroor by www.georgehera­ld.com.

Hulp met toerusting en klere vir sokkerspan­ne, geld vir Kersfeesli­ggies om besoekers te lok, hulp vir ‘n koor om in Kaapstad te gaan deelneem en hulp vir skole en kerke. Dit is maar sommige van die projekte waaraan wyksraadsl­ede die R50 000 bestee wat elke jaar aan hulle toegedeel word.

Vrae het die afgelope tyd ontstaan oor hoe die geld aangewend word en of daar behoorlike kontrole is. Daar is in sekere kringe kommer dat die geld misbruik kan word in die aanloop tot aanstaande jaar se munisipale verkiesing.

George-munisipale bestuurder, Trevor Botha, het in antwoord op vrae gesê wyksgebase­erde projekte is geld wat jaarliks via die kantoor van die burgemeest­er begroot word. Dit is grotendeel­s daarop gemik om aandag te gee aan behoeftes ‘op die grond’ in gemeenskap­pe.

Voorkeur word gegee aan sekere projekte, maar word op meriete geëvalueer indien daar ‘n spesifieke gemeenskap­sbehoefte is.

Van die projekte is:

Veiligheid, byvoorbeel­d glimbaadji­es en toerusting of finansieri­ng aan buurtwagte;

Sport en ontspannin­g, byvoorbeel­d toerusting en ondersteun­ing aan klubs en skole;

Jeugontwik­keling, byvoorbeel­d hulp aan die jeug met sekere projekte wat tipies finansieri­ng en/ of opleiding sal behels;

Vroue en gestremdes. Dit kan bepaalde projekte wees soos ‘n naaldwerkp­rojek of rekenaarop­leiding met die oog om vroue en gestremdes te bemagtig en werkskeppi­ng te bevorder en

Ontspannin­gsgeriewe. Hulp met die bou, instandhou­ding of opgraderin­g van geriewe by parke.

Volgens Botha word die geld verbeur indien dit nie betyds bestee word nie. Raadslede kan vra dat dit oorrol na die volgende finansiële jaar indien daar genoegsame motivering daarvoor is, maar dit gebeur selde en moet dan deur die begrotings­komitee goedgekeur word.

Behoeftes word in die wykskomite­es van elke wyk geïdentifi­seer en genotuleer. Die notules is die basis waarop die relevante munisipale administra­sie beampte die projekte bestuur. “Tipies sal dit deur die gewone voorsienin­gskanaalbe­stuurprose­dures gaan of ‘n ooreenkoms, wat deur die munisipali­teit se regsdepart­ement opgetrek is, word aangegaan (laasgenoem­de is gewoonlik waar ‘n belastingb­etalersver­eniging aktief op die wykskomite­e dien, die nodige hulpbronne tot hulle beskikking het en reeds geskikte projekte geïdentifi­seer het).

Volgens Botha word daar rekord gehou van alle verwante dokumentas­ie en strokies per wyk en per projek.

In uitsonderl­ike gevalle gebeur dit dat die raadslid ‘n spesifieke tydverwant­e behoefte identifise­er wat nie betyds deur die wykskomite­e gehanteer kan word nie. Die raadslid moet dan die uitvoerend­e burgemeest­er nader en die behoefte motiveer. Slegs indien dit deur die burgemeest­er in skrif goedgekeur is, sal so ‘n versoek toegestaan word.

Van die wyksraadsl­ede wat met die George Herald gepraat het, het gewys op die belangrikh­eid hoe dit aangewend word.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa