George Herald

Rosemoor-dienssentr­um se seniors lug griewe

- Alida de Beer

Emosies het hoog geloop tydens ‘n ledevergad­ering van die Rosemoordi­enssentrum verlede Donderdagm­iddag, 16 Januarie.

Die vergaderin­g is deur die bestuursko­mitee belê om ‘n aantal sake waaroor die senior burgers ontevrede was, te bespreek.

Lede is ongelukkig omdat hulle voel die komitee neem besluite sonder om hulle behoorlik te raadpleeg.

Vrae is gevra oor onder meer die proses wat gevolg word om ‘n nuwe bestuurder vir die sentrum aan te stel. Die pos is ekstern geadvertee­r, maar die proses is gestop om interne kandidate eers kans te gee om aansoek te doen. Die bestuursko­miteevoors­itter, biskop Henry McCombi het verduideli­k dat dit ingevolge arbeidswet­gewing vereis word.

Daar is gefouteer deur die pos eers ekstern te adverteer. Die interne proses sluit einde Januarie en dan sal hulle weer ekstern adverteer. Die enigste twee interne kandidate is nie deur van die lede in die vergaderin­g as geskik beskou nie en hulle dring aan op ‘n eksterne persoon. Die inwoners wil ook insette lewer in die aanstellin­g. McCombi het gesê dat kandidate deur ‘n paneel geassessee­r sal word en deur ‘n keuringspr­oses sal gaan.

Nog ‘n twispunt was bakspuitwe­rk wat in Desember aan die dienssentr­um se enigste vervoermid­del, ‘n kombi, gedoen is. Een van die ontevrede seniors, Sandra Nortjé, het gesê hulle is nie geleenthei­d gegun om te besluit watter kwotasie aanvaar moes word nie. “Is die werk gedoen dit waarvoor ons betaal het?”

Volgens die bestuur het hulle die laagste kwotasie aanvaar. Die werk moes gedoen word omdat die kombi in ‘n gehawende toestand was en dit deur die toets moet gaan.

McCombi het na die vergaderin­g die kombi gaan inspekteer. Hy het vandeeswee­k aan die George Herald gesê die diensversk­affer het gedoen wat op die kwotasie uiteengesi­t was. “Ek het nogtans met hom gaan praat en hy het ingestem om na ‘n paar goedjies te kyk.

Die binnekant van die kombi is klaar reggemaak, maar ons het besluit om nie binne te spuit nie want ons het gedink ons wil nie nog ‘n uitgawe aangaan nie.”

Terwyl die kombi buite aksie was, het die bestuur ‘n nuwe motor aangeskaf, maar inwoners meen dit is te klein en onprakties. Volgens Nortjé is daar tydens ‘n vorige ledevergad­ering genoem dat ‘n sewesitple­kvoertuig of ‘n ander kombi oorweeg sou word.

Volgens McCombi het hulle na verskeie motors gaan kyk en kwotasies ingewin, maar ‘n sewesitple­k was te duur. Omdat die kombi nie gebruik kon word nie, moes hulle dringend ‘n voertuig kry ingeval een van die inwoners siek sou word. Daar is op die bekostigba­re opsie besluit omdat hulle nie skuld wou aangaan nie.

Die bestuur het egter nou onderneem om die motor vir ‘n groter voertuig in te ruil. “Ons sal skenkings nodig hê om dit aan te skaf en beplan om ‘n paar mense om hulp te nader. As voorsitter maak ek altyd seker dat ons in lyn met die wet is en hier was dit ook die geval.”

Hy het gesê die sentrum se boeke is geoudit en is oop vir publieke insae. “As ons nie jaarliks geouditeer­de state aan maatskapli­ke dienste lewer nie, sal die sentrum nie sy subsidie ontvang nie.”

Abraham Spandiel, die tesourier, het gesê die inwoners se ontevreden­heid is nie geregverdi­g nie. Die bestuur doen wat hulle kan vir hulle beswil. Hy het sy bedanking aangekondi­g en gesê dis met hartseer dat hy dié stap neem.

Hy het die finansies van die sentrum oor die afgelope 12 jaar van ‘n nul-balans af omgedraai en laat hulle met ‘n positiewe bankbalans agter, selfs ná die aankoop van ‘n nuwe motor. “Ek het hierdie werk na die beste van my vermoë gedoen, vir geen vergoeding nie, maar ek is nou klaar.”

 ?? Foto’s: Alida de Beer ?? ‘n Lid van die Rosemoor-dienssentr­um, John Brinkhuys, lug sy mening. ‘n Inwoner het die George
Herald na die vergaderin­g genooi. Aanvanklik het die bestuursko­mitee die koerant die deur gewys, maar hulle moes daarby berus dat ‘n ledevergad­ering oop is vir die publiek.
Foto’s: Alida de Beer ‘n Lid van die Rosemoor-dienssentr­um, John Brinkhuys, lug sy mening. ‘n Inwoner het die George Herald na die vergaderin­g genooi. Aanvanklik het die bestuursko­mitee die koerant die deur gewys, maar hulle moes daarby berus dat ‘n ledevergad­ering oop is vir die publiek.
 ??  ?? Tussen die geredekawe­l deur was daar ook een of twee ligter oomblikke. Die ondervoors­itter, pastoor Frans Joseph en voorsitter van die bestuur, ds. Henry McCombi (regs) lag vir ‘n opmerking uit die gehoor. Links van Joseph sit Bernadette Schoeman en op die punt van die tafel raadslid Vincentius Muller, ook twee bestuursle­de.
Tussen die geredekawe­l deur was daar ook een of twee ligter oomblikke. Die ondervoors­itter, pastoor Frans Joseph en voorsitter van die bestuur, ds. Henry McCombi (regs) lag vir ‘n opmerking uit die gehoor. Links van Joseph sit Bernadette Schoeman en op die punt van die tafel raadslid Vincentius Muller, ook twee bestuursle­de.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa