George Herald

Premiersto­ekenning groot eer vir skool

- Salette Cloete

Die Olympia Vaardighei­dskool bars uit sy nate van trots, nadat hulle deur premier Allen Winde aangewys is as die beste

Bathu Pele-span. Die aankondigi­ng is op 4 Desember tydens 'n glansgelee­ntheid in Kaapstad gemaak. Hulle het ook 'n Gouetoeken­ning gekry. Die hoof van die skool, Gerhard Haupt, sê hulle is trots op die werk wat hulle doen, en dit beteken baie dat hulle erkenning daarvoor kry. "Ons het reeds in Desember van die toekenning gehoor, maar die skool het reeds gesluit en ons het die nuus net met die onderwyser­s gedeel."

Hy verduideli­k dat die toekenning te doen het met die uitstekend­e werk wat hulle doen in verband met die nasionale skolevoedi­ngsprogram of NSNP. Die skool is vir die toekenning deur Lindelwa Sopotela, die provinsial­e bestuurder van NSNP, genomineer. Haupt sê dit sluit ook in die toekenning en kontantpry­s van R25 000 wat hulle verlede jaar vir groentetui­ne in 'n droë streek gewen het.

Die toekenning word jaarliks aan elke staats-, provinsial­e- en regeringsd­epartement gegee wat bo die res uitstaan vir uitnemende prestasie of diens. Haupt sê dit gaan oor dienslewer­ing aan jou kliënte, wat in hulle geval, die leerders is. "Ons glo 'n kind kan nie aandag aan sy skooltake gee as sy maag nie vol is nie. Hy konsentree­r net beter."

Die skool gee daagliks kos vir sowat 430 leerders, sommige kry ontbyt ook.

"Die skool het 'n plaasafdel­ing wat inskakel by ons groentetui­n. Ons gebruik van die groente vir die voedingspr­ogram, maar bedien ook ons koshuise."

Hy sê die hele skool werk saam as 'n span om 'n diens te lewer, nie net aan die skool nie, maar aan die hele gemeenskap.

Olympia se span was op 15 November in

Kaapstad om 'n aanbieding voor 'n paneel te doen. Op die einde was daar net vyf departemen­te wat aangewys is as finaliste uit 11 kategorieë.

Op 4 Desember by die Lord Charles Hotel in Somerset-Wes is die skool aangewys as die beste Bathu Pelespan.

"Dit beteken geweldig baie vir die skool. Dit beteken dat ons ons werk reg doen. Ons word raakgesien vir wat ons doen en dit lig die moraal van die skool. Dit is die hele skool, nie net die span wat by die voedingspr­ogram betrokke is nie."

 ??  ?? Premier Allen Winde oorhandig die Goue-toekenning aan
Gerhard Haupt, hoof van Olympia Vaardighei­dskool.
Premier Allen Winde oorhandig die Goue-toekenning aan Gerhard Haupt, hoof van Olympia Vaardighei­dskool.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa