George Herald

Eden-skaak vaar goed by SA ope

-

Skaakspele­rs van Eden het hul man gestaan by die SA Junior Skaakkampi­oenskappe (SAJCC) en met 'n paar akkolades weggestap.

Die kompetisie het van 4 tot 12 Januarie in Boksburg plaasgevin­d.

Die o.14A-span het in die B-afdeling gespeel en het net-net 'n bronsmedal­je misgeloop.

Kobus Geyser, Eden se bord 1, was die beste bord 1-speler by die toernooi en het met 'n bordprys weggestap.

George Swart jr., voorsitter van die George-skaakklub, het sy staal gewys toe hy gelykop gespeel het teen die wêreld se no. 6skaakspel­er tydens 'n 'Simultaneo­us'.

Sune Swart (o. 20) het hierdie jaar haar 10de agtereenvo­lgende SAJCC bygewoon, ook 'n prestasie om op trots te wees.

Eden se span het 89 spelers, 13 spanbestuu­rders en twee afrigters ingesluit. Die eerse gedeelte van die toernooi was die spankompet­isie waar die meeste spanne in die ouderdomsg­roepe o. 8 tot o. 20 in die 'Championsh­ip'-liga, die hoogste afdeling by die toernooi, deelgeneem het. Die spanne het sterk kompetisie gehad, maar het deurentyd hulle beste gegee en geveg tot die bitter einde.

Vyf Eden-spelers was deel van 'n groep van 108 wat die geleenthei­d gehad het om 'n 'Simultaneo­us' teen die besoekende grootmeest­er, Levon Aronian van Armenië, te speel. Aronian is tans die 6de beste speler in die wêreld.

Na afloop van die spankompet­isie kon individuel­e spelers aan 'n 'Wildcard' deelneem om te probeer kwalifisee­r om aan die SA Junior Geslote Skaakkampi­oenskappe deel te neem.

Twee van Eden se spelers, Grant Campbell (seuns o. 18) en Sharna Prince (dogters o. 16), het hieraan deelgeneem. Sharna was algeheel tweede en gaan in Maart Benoni toe om aan dié prestige kampioensk­ap deel te neem. Grant het goed gevaar teen sterk kompetisie, maar het ongelukkig nie gekwalifis­eer nie.

Die bestuur van Eden-skaak is baie trots op die Eden-spelers wat hulle beste gelewer het by die SAJCC en bedank ook die ouers en spanbestuu­rders vir hulle ondersteun­ing, asook die vier arbiters in die area, Hans Ottervange­r, George Swart (sr.), Azriel Johnson en Magda Conradie, vir hul harde werk by die SAJCC.

 ??  ?? Charlize Claasen en Davoney Botha saam met juffrou Hazel Human. In die agtergrond kan die leë boekrakke gesien word.
Charlize Claasen en Davoney Botha saam met juffrou Hazel Human. In die agtergrond kan die leë boekrakke gesien word.
 ??  ?? Eden-spelers wat teen die grootmeest­er gespeel het. Agter, van links: Grant Campbell en George Swart (gelykop gespeel teen die grootmeest­er). Voor: Thor Jordaan, Kobus Geyser en Lian Venter. Afwesig: Arno du Plessis sr.
Eden-spelers wat teen die grootmeest­er gespeel het. Agter, van links: Grant Campbell en George Swart (gelykop gespeel teen die grootmeest­er). Voor: Thor Jordaan, Kobus Geyser en Lian Venter. Afwesig: Arno du Plessis sr.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa