George Herald

Stormloop by Hoërskool George

- Salette Cloete

Hoërskool George is verlede week deur ouers gestormloo­p op soek na plek in die skool. Kort daarna het gerugte op sosiale media verskyn dat die hoof hom in sy kantoor toegesluit het en niemand wou sien nie. 'n Paar mense het lelike kommentaar gelewer wat net verder olie op die reeds vlambare situasie was.

Die skoolhoof, Morton van Rooyen, het toe amptelik die gerugte aan die George Herald bevestig. Hy het ook bewys dat hy toe reeds vir twee dae, van vroeg tot laat, ouers in sy kantoor gesien het om leerders te akkommodee­r. "Ek het op een dag sowat 60 ouers gesien. Ons het sowat 600 aansoeke gekry, maar kan net 300 akkommodee­r."

Van Rooyen sê op die einde het hy

350 nuwe gr. 8-leerders gekeur. Volgens hom was daar 'n paar probleme met die aansoeke aanlyn. Van die probleme was ou kontakbeso­nderhede van ouers of onvoldoend­e dokumentas­ie tydens die aansoekpro­ses. Sommige ouers het ook nie op die SMS van die departemen­t gereageer dat hul aansoek suksesvol was nie. Dus het die skool geen bevestigin­g gehad dat die ouer en kind die skool kies nie.

Millicent Merton, 'n woordvoerd­er van die WKOD, sê Hoërskool George kan slegs 'n beperkte aantal leerders akkommodee­r. "Die skool is 'n kuns- en sport-fokusskool en aanvaar dus leerders van buite die gebied wat in hierdie rigtings wil spesialise­er."

Sy sê volgens die skool het baie ouers in die bedienings­area versuim om in die voorgeskre­we tyd aansoek te doen. Baie ouers het ook nie die nodige dokumente betyds ingehandig nie.

 ??  ?? Morton van Rooyen, hoof van Hoërskool George.
Morton van Rooyen, hoof van Hoërskool George.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa