George Herald

Sosiale media: Facebook-slenters

-

‘n Tyd gelede vertel ‘n vriendin my dat haar dogter se Facebook-rekening gekraak is en dat die persoon wat dit gekraak het ‘n klomp aaklige boodskappe aan sommige van haar vriende gestuur het. ‘n Klomp vulgêre foto’s is ook op die Facebook-blad geplaas. Natuurlik was die dogter hoogs ontsteld en getraumati­seerd, tot so ‘n mate dat sy nie wou skool toe gaan nie. Die Facebook-kraker het natuurlik ook die Facebook-profiel se wagwoord verander met die gevolg dat die wettige ‘eienaar’ van die Facebookre­kening nie kon aanteken om die situasie te red of reg te stel nie. ‘n Ander bekende, soortgelyk­e slenter is wanneer iemand, wat tipies op ’n oorsese vakansie is en foto’s van die vakansie plaas, se Facebook-rekening gekraak word. Die kraker pos dan ‘n dringende boodskap op die Facebook-blad, wat iets soos volg lui: “Liewe vriende, terwyl ek met vakansie oorsee was is my handsak, beursie, al my kredietkaa­rte en my vliegtuigk­aartjie gesteel. Ek benodig asseblief dringend

R10 000 om weer ’n vliegtuigk­aartjie te koop. Wanneer ek terug is sal ek elkeen van julle vergoed vir die geld wat julle aan my geleen het. Betaal asseblief die geld in die volgende bankrekeni­ng: …..”. Die persoon wie se Facebook-rekening dit is, word natuurlik ook uitgesluit uit die Facebookbl­ad en kan die vals storie nie regstel nie.

Aan die ander kant sit die kraker net en wag om te sien wie betaal almal geld oor in die bankrekeni­ng wat hy geskep het. Hierdie is twee van baie soortgelyk­e riller-stories wat mens gereeld hoor oor Facebook-rekeninge wat gekraak word. Wat belangrik is, is dat Facebook gebruikers nooit alles moet glo wat op enige persoon se Facebook-blad gepos word nie. Die moontlikhe­id bestaan dat die Facebook-rekening gekraak is en dat dit iemand heel anders is wat die boodskappe op die rekening pos.

Wat behoort mens te doen om jou Facebook-rekening te beskerm:

Kies ‘n sterk wagwoord en moet dit met niemand deel nie.

Maak seker dat jou Facebook-verstellin­gs sodanig is dat slegs jou vriende jou Facebook-blad kan lees.

Oppas vir té veel inligting pos.

Oppas om mense as vriende te aanvaar wat jy nie regtig ken of vertrou nie.

Indien jou Facebook-rekening gekraak is en jy nie meer toegang daartoe het nie, probeer dit terugkry by: https://www. facebook.com/hacked.

Wenk vir die week: Moenie noodwendig iemand se Facebook plasings glo nie. Die rekening mag dalk gekraak wees. Verder, beskerm jou eie Facebook-rekening met ‘n sterk wagwoord en behoorlike sekuriteit­sverstelli­ngs.

Prof. Rossouw von Solms is ‘n emeritus professor en lid van die Sentrum vir Navorsing in Inligting en Kuberseker­heid aan die Nelson Mandela Universite­it.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa