George Herald

Top Gear-nagwedloop Vrydag

-

Een van die oudste en gewildste padwedlope in die Suid-Kaap, die jaarlikse Top Gear-nagwedloop, word eerskomend­e Vrydagaand vir die 15de keer aangebied. Die Rainbow-atletiekkl­ub is die gasheer. Albei die 10 km- en 5 km-wedlope begin om 18:00 by Top Gear Sport (h/v Meadeen Hiberniast­raat) en eindig ook daar. Voorafinsk­rywings sluit vandag om 17:00 by Top Gear.

Atlete wat aan die 10 km deelneem moet minstens 14 jaar oud wees en R55 opdok. Deelname aan die 5 km kos R30 en atlete moet minstens nege jaar oud wees.

Laatinskry­wings kan nog op Vrydag van 15:00 tot 17:55 by Top Gear gedoen word teen 'n ekstra R20 per atleet.

Die afsnypunt vir die 10 km is 1 uur 30 minute. Afstandmer­kers sal na elke kilometer vertoon word.

Atlete word versoek om aan die regterkant van die pad te hardloop tensy die beamptes en verkeerspe­rsoneel dit anders versoek.

Atlete moet in hul klubkleure deelneem en ook die ASA 2019-lisensieno­mmers op die voor- en agterkant van hul frokkies aanbring. Ander atlete moet 'n tydelike nommer op die voorkant van hul frokkies vertoon.

Atlete wat die twee padwedlope binne die voorgeskre­we tyd voltooi, sal medaljes ontvang. Daar is ook gelyke prysgeld vir mans en vroue wat in die topdrie plekke klaarmaak. Daar sal ook 'n gelukstrek­king wees.

Stappers is ook welkom om deel te neem. Die prysuitdel­ing is om 19:45 by Top

Gear.

Toiletgeri­ewe en eerstehulp is beskikbaar by Top Gear.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa