George Herald

Ruveshni nou by engele

- Salette Cloete

Ruveshni Lewis (7) van George se kleine lyfie kon nie meer baklei nie. Sy het op 16 Januarie in die Georgehosp­itaal saggies heengegaan en finaal haar plekkie in die hemel ingeneem.

George Herald het op 15 Augustus 2019 oor haar baanbreker-hartoperas­ie berig.

Sy was die jongste pasiënt en die eerste in Afrika wat die prosedure ondergaan het en dit was slegs die derde keer in die wêreld dat dokters dit gedoen het. Die prosedure is in Kaapstad by die Rooikruisk­inderhospi­taal gedoen.

Justine Lewis, Ruveshni se ma, wou nog nie die week met die media praat nie. Sy het voorheen vertel dat Ruveshni net twee dae oud was toe die defek ontdek is.

Die George-hospitaal en personeel bied hulle innige meegevoel aan die vriende en familie van die pasiënt wat op Donderdag 16 Januarie oorlede is.

"Ons dink aan hulle in hierdie hartseer tyd."

Ruveshni word Saterdag 25 Januarie in Parkdene begrawe. Roubeklaer­s kan eer betoon by Circular Drive 116 om 09:00. Vir meer besonderhe­de kontak Justine by 063 869 9956.

* Ruveshni Lewis (7) from George died in the George Hospital on 16 January, the hospital confirmed. She had a very rare and complicate­d heart surgery last year. It was the first operation of its kind in Africa and she was the youngest patient.

Die procedure took place at the Red Cross Children's Hospital in Cape Town.

Young Ruveshni will be laid to rest at 09:00 on 25 January, at 116 Circular Drive, Parkdene.

Ons dink aan hulle in hierdie hartseer tyd.

 ??  ??
 ??  ?? Ruveshni Lewis
Ruveshni Lewis

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa