George Herald

Wanneer word Oppiespoor ontspoor?

- Hannes Visser

As dit van 113 inwoners van Uniondale, waarvan die meeste bejaardes is, afhang sal hulle alles in hulle vermoë doen om mense te weerhou om enigsins met die Oppiespoor Aksiegroep van Oudtshoorn sake te doen.

Dit was die boodskap wat Maandag 20 Januarie tydens ‘n vergaderin­g van 113 “kliënte” van Oppiespoor oorgedra is. Die groep mense het die Oudtshoorn

Courant genooi om met hulle te kom gesels oor die doen en late van die Oppiespoor Aksiegroep die afgelope aantal jare. Hulle het almal sedert 2017 “registrasi­egeld” aan Oppiespoor betaal vir ‘n diens om te bepaal of daar verlore pensioenge­ld is wat hulle toekom.

Toe die Oudtshoorn Courant hulle vra wie van hulle sou volgens Oppiespoor geld ontvang, het elkeen hand opgesteek.

Die mense het op ‘n presensiel­ys aangedui hoeveel elkeen van hulle aan registrasi­egeld betaal het en die totale bedrag beloop R33 565.

Oppiespoor is gereeld in die nuus as gevolg van beloftes wat hulle aan onkundige mense maak dat daar surplusgel­d beskikbaar is wat uitbetaal word.

Hulle modus operandi het reeds verskeie kere vrae laat ontstaan. Wanneer ‘n persoon sy of haar registrasi­egeld betaal en persoonlik­e inligting aan Oppiespoor gee, skakel die betrokke Oppiespoor­werknemer ‘n nommer (wat nooit bekendgema­ak word nie) en binne minute word bevestig dat die persoon, wie se besonderhe­de deurgegee is, geregtig is op ‘n groot bedrag geld.

Die Oudtshoorn Courant kon die afgelope vier jaar egter geen bewyse kry van enige gelde wat deur Oppiespoor se optrede aan mense uitbetaal is nie.

Die inhoud van ‘n lys begunstigd­es wat glo in besit is van Johan Wagener, Oppiespoor se prokureur, kon ook nog nie bevestig word nie.

Verskeie navrae is verlede jaar reeds aan Gert Mostert van Oppiespoor sowel as aan Wagener gestuur, maar geen reaksie is ontvang nie.

Dit blyk egter dat die

Uniondaler­s nou op die oorlogspad is en gaan aandring dat hulle registrasi­egelde terugbetaa­l word en dat die owerhede dringend na Oppiespoor se bedrywighe­de moet kyk.

‘n Verdere bron van kommer onder die mense is dat Oppiespoor aanvoer dat Alexander Forbes die surplusgel­de waaruit hulle betaal sou word, bestuur. Een van die kliënte het e-posse aan die Oudtshoorn Courant voorsien waarin hy sy besonderhe­de aan Alexander Forbes gestuur het en waarop hulle geantwoord het dat hulle geen kennis van hom dra nie en dat daar beslis nie geld is wat hom toekom soos wat deur Oppiespoor beweer is nie. Toe hy Oppiespoor daarmee konfrontee­r het hy die volgende antwoord ontvang: “As dit jou goed sal laat voel doen dit net so. Geen gelde word terugbetaa­l nie meneer, daar is vir jou ’n diens gelewer en jy was tevrede met ons diens. En jy weet hierdie kantoor betaal nie surplus gelde uit nie en ons word nie met die media gedreig nie meneer. So gaan maar media toe of doen maar net soos u voel.”

Alexander Forbes het Woensdagog­gend aan die

Oudtshoorn Courant bevestig dat hulle geen kennis dra van Oppiespoor nie en hulle het benadruk dat geen maatskappy wat namens hulle met die hantering van surplusgel­de werk, enige fooi vra nie.

Hulle het ook onderneem om vas te stel tot watter mate Oppiespoor hulle naam gebuik om kliënte te mislei.

Dit is onduidelik hoe Oppiespoor dit byvoorbeel­d vermag om gelde “op te spoor” van mense wat nog nooit tot enige fonds bygedra het nie.

‘n Reeks vrae is Dinsdag wéér aan Gert Mostert van Oppiespoor sowel as aan Johan Wagener gestuur, maar daar was geen ontvangser­kenning of antwoord teen Woensdag nie.

Die koerant kon geen bewyse van uitbetalin­gs kry nie.

 ?? Foto: Hannes Visser ?? Die 113 inwoners van Uniondale en die omgewing wat geld aan Oppiespoor oorbetaal het, is meestal bejaardes met karige of geen inkomste nie.
Foto: Hannes Visser Die 113 inwoners van Uniondale en die omgewing wat geld aan Oppiespoor oorbetaal het, is meestal bejaardes met karige of geen inkomste nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa