George Herald

Steeds geen tartanbaan

- Eugene Gunning

Byna twee jaar nadat die weg gebaan is vir die bou van George se eerste tartanatle­tiekbaan by die Rosemoorsp­ortstadion, moet atlete steeds op grondof grasbane oefen en meeding.

Die George Herald het reeds in Maart 2018 berig dat die weg gebaan is vir die bou van die baan. Geld is toe bewillig van die nasionale regering (Division of Revenue Act) en die munisipali­teit sou ook 'n bydrae lewer.

Sedertdien was daar verskeie kinkels in die kabel en verskoning­s is aangevoer vir die vertraging­s.

Atlete en inwoners se geduld is tot op die uiterste beproef.

Tydens 'n besoek aan die Rosemoorsp­ortstadion verlede week was dit duidelik dat atlete nie sal kan meeding op die grondbaan na die reën nie.

Dit wou voorkom of voorbereid­ings gemaak word op die grasveld in die middel van die baan vir 'n atletiekby­eenkoms.

Wilbur Harris, lid van die Georgestad­sraad, wat geveg het om te verseker dat George so 'n baan kry, en wat naby die Rosemoor-sportstadi­on woon, het gesê daar is verwagting­e geskep.

Mense wil by hom weet wat aan die gang is.

Hy is bekommerd dat George die baan kan verloor.

Debra Sauer, munisipale woordvoerd­er, het gesê die vertraging­s is te wyte aan finansieri­ngkwessies wat einde Februarie 2020 by die aanpassing­sbegroting opgelos behoort te word.

Dit bly uiteindeli­k 'n besluit van die raad en nie 'n administra­tiewe besluit nie.

Die munisipali­teit het nie geantwoord op vrae oor wanneer bouwerk sal kan begin en wanneer dit voltooi sal wees nie.

 ?? Foto: Eugene Gunning ?? Diep modder slote by die Rosemoor-sportstadi­on waar beplan word om ‘n tartanatle­tiekbaan te bou.
Foto: Eugene Gunning Diep modder slote by die Rosemoor-sportstadi­on waar beplan word om ‘n tartanatle­tiekbaan te bou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa