George Herald

Vicbaai-riooldiens ‘moet verander’

- Alida de Beer

Twee voorvalle van rioolstort­ing uit die riooltenk van Seabreeze Cabanas op Victoriaba­ai die afgelope Desemberse­isoen het soos verskeie kere in die verlede veroorsaak dat rioolwater op die parkeergeb­ied uitloop.

Daar was glo ook 'n storting uit 'n tenk onder by die ablusieger­iewe naby die strand en riool het met die stormwater­pyp langs op die strand uitgeloop.

'n Ontevrede inwoner van Seabreeze, André Groenewald, meen dinge sal verbeter as Victoriaba­ai by die stad se rioolnetwe­rk opgekoppel word. Tans word riool onttrek uit twee tenks, een wat Seabreeze bedien en een van die George-munisipali­teit wat die res van die baai se inwoners bedien. Die twee tenks is aan weerskante van Seabreeze se ingang geleë. In die Desember-seisoen word die tenks gemiddeld drie keer per dag gediens en volgens Groenewald, gaan onttrekkin­g gepaard met 'n erge geraas en onaangenam­e reuke.

Hy het die George-munisipali­teit genader oor die moontlike opkoppelin­g van Seabreeze se tenk by dié van die munisipali­teit s'n en die siviele ingenieurs­departemen­t was te vinde vir sy voorstel. "Na my mening beteken die opkoppelin­g van die twee tenks die eerste stap in die aansluitin­g van Vicbaai by die munisipale netwerk wat in elk geval uiteindeli­k gedoen moet word," sê hy.

Die departemen­t vereis egter dat Seabreeze se direksie 'n amptelike versoek in dié verband rig, maar volgens Groenewald sloer hulle. George-munisipali­teit se direkteur vir siviele ingenieurs­dienste, Regenald Wesso het bevestig dat die Seabreeze-koppeling 'n kwessie is wat die Seabreeze-ontwikkela­ar en -huiseienaa­rsverenigi­ng met sy direktoraa­t sal moet opneem vir verdere bespreking en ondersoek.

Hy het verder gesê om Victoriaba­ai se rioolstels­el alleen op te koppel met die bestaande George-rioolstels­el is tans nie finansieel haalbaar nie. "Dit is as gevolg van die kompleksit­eit en afstand tot by die naaste hoofpompst­asie in Thembaleth­u. Beplanning vir 'n moontlike toekomstig­e Victoriaba­ai-rioolopkop­peling met die George-sisteem is in plek. Die mees effektiewe opsie wat ondersoek is, skakel in by die beoogde toekomstig­e ontwikkeli­ng van die Sallywood-grond en dié se rioolstels­el, vanwaar dit na die rioolsuiwe­ringswerke toe sal kan vloei."

Hy sê die moontlikhe­id van 'n afsonderli­ke rioolbehan­delingstel­sel vir Victoriaba­ai "is die onderwerp van verdere ondersoeke" ten einde die mees voordelige oplossing te vind vir die Victoriaba­ai-omgewing. "Die huidige onttrekkin­gsdienste was tot nou toe nog voldoende en sal voortgaan."

Jacques Fourie, voorsitter van die Seabreeze-direksie, het by navraag slegs gesê, "Die saak is onder bespreking."

Die huidige onttrekkin­gsdienste was tot nou toe nog voldoende en sal voortgaan.

 ??  ?? Soms daag dié twee trokke saam op om riool te onttrek uit die munisipale tenk (links) en Seabreeze se tenk. Dan is die steurnis en stank nog erger, kla ‘n inwoner.
Soms daag dié twee trokke saam op om riool te onttrek uit die munisipale tenk (links) en Seabreeze se tenk. Dan is die steurnis en stank nog erger, kla ‘n inwoner.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa