George Herald

Ernst van Dyk weer by OCC

- Eugene Gunning

Verskeie topatlete gaan aan die Outeniqua-rolstoelwe­dren (OCC) deelneem wat op 15 Februarie plaasvind. Onder vanjaar se trekpleist­ers is verskeie vorige wenners en van die atlete wat laat weet het dat hulle op 15 Februarie by die wegspringp­lek in George sal wees, is Peter West, Stuart McCreadie, Ernst van Dyk, Pieter du Preez, Raphael Botsyo en André Koen. Hulle het die laaste drie jaar almal goue medaljes in hul onderskeie afdelings gewen.

Zack Rauch-Legward, 'n jong tiener, wat vir jongmense wys dat niks onmoontlik is nie, al is jy in 'n rolstoel, sal ook deelneem.

Alewijn Dippenaar, die geleenthei­dsdirekteu­r van die OCC 2020, het gesê dat vanjaar se geleenthei­d beslis by Carpe Diem aangebied gaan word. Dit is verlede jaar by Halfway Toyota in Knysnaweg aangebied. Finaliteit is verlede week verkry tydens 'n vergaderin­g van die reëlingsko­mitee. Die verskuiwin­g na 'n ander venue het onlangs ter sprake gekom toe vrae gevra is oor die geskikthei­d van verlede jaar se venue.

Volgens Dippenaar is verskeie opsies oorweeg en Carpe Diem is die beste. Carpe Diem het ingestem dat die skool gebruik kan word en reëlings is op koers. Die skool is ideaal, want baie van die atlete gaan daar tuis en die skool is ook gestremdvr­iendelik.

Dippenaar het gesê meer as 300 inskrywing­s is al ontvang. Na verwagting sal tussen 800 en 1 000 atlete vanjaar

 ?? Foto: Desmond Scholtz ?? Ernst van Dyk
Foto: Desmond Scholtz Ernst van Dyk
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa