George Herald

Willemse bedank weens en bewerings’

- Michelle Pienaar Lees Willemse se volledige verklaring by www. georgehera­ld. com.

Die DAwykNsrJa­adslid vir Parkdene, David Willemse, het Maandag 27 Januarie as raadslid bedank.

is die portfeulje­raadslid vir menslike nedersetti­ngs en 'n burgemeest­erskomitee­lid.

Volgens die speaker van die George-raad, Gerrit Pretorius, het die kantoor van die munisipale bestuurder bevestig dat Willemse se bedankings­brief ontvang is. Willemse se laaste werksdag is 28 Februarie.

Willemse het op sosiale media sy wyk om verskoning gevra en "gebeure/beweringe" as redes vir sy besluit aangevoer: "Ek het net die gevoel dat ek nie meer my doel in die gemeenskap ten volle uitleef soos ek veronderst­el is om te doen nie. Met al die gebeure/ bewerings rondom my en waarvan ek nie bewus is/was nie en boonop ‘n MMC-lid is, maak dit my ongemaklik en dus nie ‘fit for purpose’ nie."

Willemse wou nie verder kommentaar lewer op 'n vraag of sy bedanking, wat op dieselfde dag as die DA-koukus se mosie teen burgemeest­er Melvin Naik ingedien is, met mekaar verband hou nie. Die George Herald het vertroulik verneem dat Willemse een van drie koukuslede is wat teen die mosie van wantroue in Naik gestem het. Willemse het die George Herald verwys na sy bedankings­brief en gesê die redes vir sy bedanking word daar duidelik uiteengesi­t.

Volgens Jaco Londt, DAstreekvo­orsitter, beteken Willemse se bedanking daar gaan 'n tussenverk­iesing in Parkdene plaasvind. "Ons verwag dat dit in April of Mei gaan wees, maar die OVK sal die presiese datums later kan bevestig," het hy gesê.

 ??  ?? David Willemse
David Willemse

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa