George Herald

Eenheid vir die dowes

- Salette Cloete

Die eenheid vir dowes wat pas by Carpe Diem skool in George geopen is, bring nuwe hoop vir ouers wat voorheen hul dowe kinders op 'n baie jong ouderdom moes wegstuur vir vroeë skooloplei­ding.

Dit is die eerste van sy soort in die Suid-Kaap omdat dit kinders van so jonk as drie jaar kan inneem. Die eenheid se amptelike opening op Maandag 3 Februarie is bygewoon deur 'n groep beamptes van die Wes-Kaapse Onderwysde­partement (WKOD) asook die skenkers wat gehelp het om die skool gereed te kry.

Elzeth Grobler, hoof van Carpe Diem, sê hulle het ure en ure se werk ingesit om 'n huis op die perseel in 'n skool vir dowe kinders te omskep. Die skool het reeds 'n paar kinders ingeneem en Grobler vertel dat hulle in ekstase is oor die wonderlike nuwe toevoeging tot die skool. Sy verduideli­k dat kinders vanaf driejarige ouderdom tot agt jaar oud by hulle sal skoolgaan, en dan na 'n skool soos die De La Bat skool vir dowes op Worcester sal gaan. "Dit beteken ouers kan saam met hul kinders leer en betrokke wees omdat hulle naby die huis is."

Direktoraa­tprogrambe­stuurder vir dowe en outistiese onderwys, Minna Steyn, sê die eenheid was een van haar laaste projekte voor sy aftree.

Dit beteken ouers kan saam met hul kinders leer en betrokke wees omdat hulle naby die huis is.

Sy is reeds vir meer as drie dekades betrokke by onderrig vir dowes. Sy vertel so 'n eenheid was vir jare 'n droom van haar en uiteindeli­k kon sy die opening bywoon en sien dat dit 'n groot verskil sal maak.

Een van die skenkers, Jan Arkel en sy vrou, Marti, sê hulle het met dowes in Oostenryk gewerk en wou ook hier help om 'n skool vir dowes te open.

Volgens Jan het Marti 'n paar oproepe gemaak, mense effe laat sleg voel, en toe 'n hele paar rand gekry om materiaal en speelgoed vir die skool te koop.

"Ons het geleer dat sulke kinders reeds vroeg aan taal blootgeste­l moet word, anders ontwikkel hul voorste korteks nie. So ons is bly ons kon help om 'n verskil te maak."

A unit for the deaf that was launched at Carpe Diem School on 3 February is the first of its kind in the Southern Cape, as it can take in children as young as three years. Deaf children aged three to eight years can now be schooled nearer to home and parents can be more involved in their children's lives. Children older than eight go to schools for the deaf such as De La Bat School for the deaf in Worcester. Carpe Diem has put in a tremendous lot of hard work and is very happy that it can now offer this service to special needs children as well. A few children have already been enrolled.

 ?? Foto: Marali Olën ?? www.georgehera­ld.com
Ilibonge Taliwe (3), een van die nuwe leerders by Carpe Diem skool se nuwe eenheid vir dowes, en die skoolhoof, Elzeth Grobler, deel ‘n stralende oomblik by die opening van die eenheid.
Foto: Marali Olën www.georgehera­ld.com Ilibonge Taliwe (3), een van die nuwe leerders by Carpe Diem skool se nuwe eenheid vir dowes, en die skoolhoof, Elzeth Grobler, deel ‘n stralende oomblik by die opening van die eenheid.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa