George Herald

George kry dalk eie kabelkar

- Eugene Gunning Lees volledige berig by www. georgehera­ld.com.

As twee sakeleiers hul sin kry, sal George sy eie kabelkarre­tjies kry om besoekers en inwoners na die bo-punt van die Outeniquab­erg te neem om die asemrowend­e uitsig te bewonder. Dit het verlede Donderdag by die George-museum ter sprake gekom waar 'n werksessie oor die toerisme moontlikhe­de van die Montagu-pas gehou is.

Een van die dryfkragte agter die projek, Alwyn Janse van Rensburg, het 'n voorleggin­g gemaak en onder meer verwys na die ekonomiese bydrae wat so 'n kabelkarst­elsel in George kan maak.

Janse van Rensburg het in 'n onderhoud benadruk dat alles nog in 'n vroeë stadium is. Dit het 'n lang aanloop en daar was al voorheen twee ander pogings om iets soortgelyk­s te doen. Hy het reeds in 2011 die idee vir so 'n projek gekry en saam met 'n ander sakeman, Pierre Poolman, daaraan gewerk.

Janse van Rensburg het sy eie navorsing begin doen en baie tyd in die berg deurgebrin­g. Hy het ook gesprekke gehad met mense wat voorheen by die ander pogings betrokke was en het selfs met 'n helikopter die gebied besoek.

In 2018 is die Outeniqua Cablewayma­atskappy gevorm en hy het 'n vennoot, Charlton Fortuin betrek. Fortuin kom oorspronkl­ik van George.

Die plan is om kabelkarre­tjies te gebruik wat aanhoudend ry. Dit sal van die ou

Voorkonstr­uksiefase

In die stadium word fondse benodig vir die voorkonstr­uksiefase. Al die vereiste stappe sal gedoen word soos byvoorbeel­d 'n omgewingsi­mpakstudie en 'n openbare deelname proses.

 ??  ?? Alwyn Janse van Rensburg
Alwyn Janse van Rensburg
 ??  ?? Charlton Fortuin
Charlton Fortuin

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa