George Herald

Vandale kos Go George R1,5m

- Alida de Beer

Dit gaan die George-munisipali­teit

R1,5 miljoen kos om die skade wat vandale aan 105 (90%) van die 115 standaard busskuilin­gs van Go George aangerig het, te herstel.

Go George-bestuurder, James Robb, het die omvang van die skade by navraag aan die George Herald bekend gemaak. "Daar is uiteindeli­k ’n begroting beskikbaar om hierdie jaar met herstelwer­k te begin," het hy gesê.

Strukturel­e skade aan die busskuilin­gs word aangerig deur die breek of beskadigin­g van glas- en metaalpane­le. Volgens Robb bestaan 'n standaard busskuilin­g uit een sitoppervl­ak en sewe panele, waarvan drie uit glas bestaan. Tans moet altesaam 271 glaspanele vervang word.

Robb het gesê 81 vinielplak­kers met passasiers­inligting is die afgelope jaar op busskuilin­gs vervang nadat dit óf deur graffiti ontsier óf geskeur is. "Die gemiddelde koste van herdruk en opplak is ongeveer R800 per plakker. As deel van deurlopend­e navorsing en toetsing om 'n oplossing vir die probleem te vind, is beskadigde panele by sommige van die skuilings vervang met geperforee­rde staal, Perspex, Plexiglass en soliede staalplate om duursaamhe­id te toets.

"Die aanvanklik­e glaspanele wat uit drie lae glas bestaan het, is gekies vir veiligheid­sredes om sigbaarhei­d van passasiers binne die skuiling te verseker, sowel as om passasiers in staat te stel om aankomende busse te sien. Hierdie praktiese, en in sommige gevalle wetlike voorskrift­e sal dalk aangepas moet word om die skuilings in een stuk te hou."

Gevra of dit die moeite werd is om bushaltes telkens weer te herstel, het hy gesê instandhou­ding moet plaasvind. "Ons passasiers verdien nie om gepenalise­er te word deur vernielsug­tiges wat geen respek vir openbare eiendom het nie."

Hy het gesê hulle gaan poog om die probleem hok te slaan en het in gesprek getree met die polisie en die munisipali­teit se departemen­t van gemeenskap­sveilighei­d. Verder word beoog om die verskillen­de buurtwagte in die dorp te betrek. "Nie net kan buurtwagte ons help om vandalisme te bekamp nie, maar ook om 'n oog te hou oor bushaltes waar passasiers op sekere tye van die dag of aand onveilig voel."

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa