George Herald

Sosiale media: Die lotery slenter

-

Die lotery slenter is seker een van die oudste, maar gewildste slenters. Hierdie slenter is baie gewild, omdat so baie mense steeds daarvoor val.

Tipies lyk die e-pos so:

From: “CANADA-UK LOTTERY”

Sent: Monday, June 23, 2018 12:15:23 Subject: Final Notice This is to notify that you have won in the Canada-UK National Lottery. Reply to this mail for more detail and claims

Regards, Lottery Manager

Ek glo die meeste van ons het al menige soortgelyk­e e-posse of SMS’e ontvang wat noem dat jy die gelukkige wenner is van ‘n groot lotery prys, of dat jou kredietkaa­rtnommer in ‘n gelukstrek­king ‘n groot bedrag geld gewen het.

Soos baie soortgelyk­e slenters moet jy eers sekere administra­tiewe of bankkoste betaal voordat jou groot ‘wenprys’ aan jou uitbetaal word. Natuurlik word die wenprys nooit oorbetaal nie en jy verloor al die ‘administra­tiewe en bankkoste’ wat jy betaal het.

Die volgende is ‘n lys van wenke wat jou kan help om aan te dui dat dit ‘n slenter is.

1. Het jy ingeskryf vir hierdie oorsese lotery? Indien nie, sal jy mos nooit wen nie.

2. Word jy gevra om ‘n betaling te maak? Wettige loterye vra nooit sulke fooie nie.

3. Word daar druk op jou gesit om vinnig te reageer? Byvoorbeel­d, met ‘n ‘Final Notice’ soos hierbo.

4. Word jy gevra om die nuus konfidensi­eel te hou? Die skelms wil nie hê jy moet hieroor praat nie, want hulle is bang ander mense vertel jou dat dit ‘n slenter is.

5. Is die boodskap profession­eel? In baie gevalle is die taalgebrui­k swak en die geldeenhei­d is een of ander oorsese eenheid.

6. Hoe lyk die e-pos adres? ‘n Wettige lotery sal nooit ‘n gmail of hotmail adres gebruik nie.

Gelukkig is die meeste mense al bewus van hierdie tipe slenters, maar tog is daar vele mense wat groot bedrae geld betaal met die hoop dat hulle tog iets gewen het. Ook, die skelms raak al meer gesofistik­eerd met die gevolg dat dit moeiliker raak om agter te kom dat dit ‘n slenter is.

Wenk vir die week: Oppas vir enige boodskap wat aandui dat jy die wenner is van ‘n lotery of gelukstrek­king. Die kanse dat dit ‘n slenter is, is so te sê 100%.

Prof. Rossouw von Solms is ‘n emeritus professor en lid van die Sentrum vir Navorsing in Inligting en Kuberseker­heid aan die Nelson Mandela Universite­it.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa