George Herald

Die dag toe FW gepraat het…

- Eugene Gunning

Dit was nie 'n gewone Vrydagogge­nd nie. Dit voel soos gister, al is dit 30 jaar gelede.

Vir my was daardie oggend die verwesenli­king van 'n lewensidea­al: Om as joernalis 'n publikasie in die parlement in Kaapstad te verteenwoo­rdig.

Buite die parlements­gebou in Parlements­traat, het 'n gevoel van afwagting geheers. Netjies aangetrek in 'n pak klere het ek saam met my meer ervare kollegas voor die parlements­gebou rondgestap.

Dit was 2 Februarie 1990 en die destydse pres. FW de Klerk het 'n toespraak gelewer wat Suid-Afrika vir altyd sou verander.

As junior kollega het ek vir die opening nie sitplek in die persgalery van die nasionale vergaderin­g van die parlement gehad nie.

Wel in die perskantor­e, maar dit was genoeg. Ek was letterlik naby toe geskiedeni­s geskryf is. Na die toespraak het ek saam met kollegas die strate van Kaapstad ingevaar.

Daar was mense wat uitermatig feesgevier het, ander wat net wou seker maak of hulle die toespraak reg verstaan en ander was verslae.

By 'n nuuskonfer­ensie van die UDF in die middestad het dit gelyk of van die leierskorp­s nie kon glo dat die ANC en die SAKP ontban word nie en dat Nelson Mandela uiteindeli­k vrygelaat gaan word nie.

Die dae wat gevolg het, was een van die beste tye in my lewe. Bietjie meer as 'n week later, op 11 Februarie, het ek in die vroeg skemeraand op die Parade in Kaapstad gestaan en kyk hoe lewer Nelson Mandela sy eerste toespraak as 'n vry man.

Ek onthou hoe ek tussen die duisende mense gestaan het en probeer sien het hoe hy lyk. Aan wat hy gesê het, het ek my nie veel gesteur nie.

Ek wou sien hoe hy lyk, want in die vorige politieke bedeling was die gesig van Nelson Mandela nie baie welkom nie.

Baie dinge het deur my gedagtes gegaan. Is dit dan die "terroris" wat die Nasionale Party ons van vertel het?

Ek het ook in daardie oomblikke gewonder of "ons stryd" en "opoffering­e" soos nasionale diensplig dan alles tevergeefs was. Doer voor het hy gepraat.

Daar was baie mense rondom hom.

Eers jare later het ek op foto’s die man herken wat die mikrofoon vir Madiba vasgehou het.

Daardie man is vandag na 30 jaar SuidAfrika se president - 'n stukkie ironie.

Destyds was daar verskillen­de beleweniss­e by mense: In sekere kringe senuweeagt­igheid en kommer, maar grotendeel­s afwagting en hoop. Sedertdien het dinge baie verander.

Mense aan alle kante van die politieke spektrum is ontnugter en erg bekommerd.

En natuurlik vra baie die vraag: Wat nou 30 jaar later? Moes FW de Klerk die toespraak gelewer het?

By geleenthei­d het ek hom self die vraag gevra of hy dit weer sou doen en hy het sonder huiwering geantwoord: "Ja, ek sou." Maar hy het bygevoeg dat hy dit anders sou benader het.

By my is daar geen twyfel nie. 2 Februarie 1990 was die regte ding om te doen. 'n

Mens kan immers nie op grond van iemand se velkleur iemand uitsluit nie. (Terloops dit behoort en moet vandag ook nog van toepassing te wees).

Dis mos belaglik dat iemand wat wit is en in 'n ander land gebore is, die politieke hoof kon word, terwyl 'n swart man wat in SuidAfrika gebore is, 27 jaar in die tronk moes sit voordat hy die land kon lei.

In hoofletter­s bo-kant "2 Februarie 1990

- 2 Februarie 2020" behoort te staan: Dit is belangrik hoe dinge hanteer word.

Dit help nie om een bose stelsel bloot met 'n ander bose stelsel te vervang nie.

Ja, dit was goed om die bose stelsel van apartheid af te skaf, maar dit is ook boos as 'n regering nie sy werk doen en nie dienste (behoorlik) aan sy mense lewer nie.

Dis moeilik om aan die begin van

Februarie 2020 nie te dink aan Eskom, die misdaadsit­uasie, werklooshe­id, korrupsie en armoede nie. Dit is tyd dat Cyril Ramaphosa praat... met raad en daad.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa